Leon Schuster het die naam gegee. Hy sê vir my OOM FAAN, wat UMFAAN geword het, maar UMFAAN is 'n seun, toe maak ons ons dit UMFANUS ... Maar dis te na aan FANUS, en net om snaaks te wees verander ons dit na UMFAANUS, met twee A's.
Ek skryf oor goeters wat vir my snaaks is: as ek dit geniet, geniet die lesers dit hopelik ook.
- Fanus Rautenbach -
Fanus soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by pietc@sybaweb.co.za.