Woon jy dalk in 'n nuwe dorp/stad en soek jy Afrikaanse mense in die omgewing? Iemand om mee te gaan fliek, saam te gaan draf of sommer net te kuier? Of is jy dalk net verveeld met jou huidige vriendekring? Verbreed jou sosiale horisonne en neem deel aan die grootste Afrikaanse kuier ooit! Stuur jou naam, e-posadres, ouderdom en geslag, jou dorp/stad, 'n foto (opsioneel) en 'n kort bio en/of lys van jou belangstellings aan kuier@litnet.co.za. Jou besonderhede, plus jou e-posadres, sal aanlyn verskyn.
Waar jy jou ookal in die wêreld bevind, kom kuier saam op Kuier@LitNet!
Stuur jul e-posse nou! (Kuier@LitNet is vir mense wat bloot vriende wil maak. Dis vriendskapsgerig. Vir meer lyflike plesiere, besoek VryNet)
LitNet dra geen verantwoordelikheid vir wat volg nadat partye mekaar ontmoet het nie.