| Van Etienne van Heerden
|
 |
|
20 Julie 2010
Geagte navorsers
• LitNet Akademies brei uit na die natuurwetenskappe
• Top-natuurwetenskaplikes sluit by LitNet Akademies aan
Drie bekende natuurwetenskaplikes sal aan die spits staan van LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling:
|
|
|
|
|
Prof. Hendrik Geyer (Natuurwetenskappe-ereredakteur)
|
Prof. Jannie Hofmeyr (Natuurwetenskappe-ereredakteur)
|
Prof. Dirk Laurie (Natuurwetenskappe-redakteur)
|
• Akkreditasie reeds verkry
LitNet Akademies is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Alle artikels (geesteswetenskaplike en natuurwetenskaplike artikels) wat portuurbeoordeel is en gekeur word vir plasing in LitNet Akademies kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.
• LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels vanuit verskillende vakgebiede publiseer.
• LitNet Akademies is geakkrediteer by die Departement van Onderwys en word as ’n aanlynjoernaal op LitNet gehuisves.
• ’n Art. 21-maatskappy sonder winsoogmerk word tans opgerig om LitNet Akademies te huisves. LitNet is die uitgewer van die tydskrif.
• LitNet Akademies word deur die Dagbreek Trust en PSG Fund Management geborg.
• LitNet Akademies staan onder bestuur en hoofredakteurskap van prof. Etienne van Heerden (UK) en bestaan tans uit twee afdelings:
|
Geesteswetenskappe
|
Natuurwetenskappe
|
|
|
 |
LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling bestaan reeds sedert Oktober 2007. Die sukses hiervan het tot die uitbreiding van LitNet Akademies gelei. Die redakteur is dr. Francis Galloway (UP).  |
LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling bestaan uit twee dele, naamlik basiese wetenskappe (wiskundige, fisiese, biologiese en aardwetenskappe) en toegepaste wetenskappe (landbou- en gesondheidswetenskappe en ingenieurswese). Die redakteur is prof. Dirk Laurie (US), met proff. Hendrik Geyer (US) en Jannie Hofmeyr (US) as ereredakteurs.
|
| Personeel |
|
|
|
|
|
Naomi Bruwer (Redaksionele bestuurder)
|
Margaret Rossouw (Produksiebestuurder)
|
Ronel Terblanche (Finansiële bestuurder)
|
• LitNet Akademies word bestuur vanuit die LitNet-kantore te Devonshire-huis, h/v Ryneveld- en Kerkstraat, Stellenbosch.
Die voordele van publikasie op LitNet Akademies vir geestes- en natuurwetenskaplikes:
- Artikels is onmiddellik wêreldwyd op die internet beskikbaar.
- LitNet Akademies hef geen bladgelde nie.
- LitNet Akademies stel geen beperking op die lengte van artikels nie.
- Volkleurillustrasies is moontlik.
- Benewens die normale voordele van subsidievloei via die onderskeie universiteite na navorsers, betaal LitNet Akademies ’n bykomende bedrag direk aan navorsers vir hul artikels.
- Portuurbeoordelaars word vergoed vir hul dienste.
- Artikels verskyn vinniger as wat die geval is by papierjoernale.
- LitNet Akademies is in www.litnet.co.za ingebed en onderhoude met navorsers en aanlyn-seminare rondom die bevindinge in navorsingsartikels word deur LitNet aangebied; só word navorsingsbevindinge wyer bekend gemaak. LitNet dryf internetverkeer na navorsingsartikels vanaf sy tuisblad, sy nuusbrief en ander elektroniese platforms.
- Engelse opsommings word gepubliseer – in die geval van die natuurwetenskappe, opsommings van 1 500 woorde. Indien nodig, sal LitNet Akademies ’n opsomming gratis in Engels laat vertaal deur kundige vertalers.
- Navorsingsmateriaal word in Afrikaans beskikbaar gestel vir Afrikaanssprekende akademici en studente.
- Navorsers behou kopiereg op hul artikels.
- Pryse sal jaarliks vir navorsing toegeken word.
• Aanlyn-seminare oor materiaal op LitNet Akademies word in SeminaarKamer aangebied.
• Onderhoude met LitNet Akademies se artikelskrywers word in Onderhoude aangebied.
• Akademiese poste in die vakgebiede wat deur LitNet Akademies hanteer word, word in NetWerk geadverteer.
Art. 21-maatskappy LitNet Akademies
Die direksie van die Art. 21-maatskappy LitNet Akademies sal bestaan uit:
- Martin Geldenhuys (24.com)
- Jos Floor (Floor Prokureurs)
- Etienne van Heerden (Universiteit van Kaapstad en uitvoerende redakteur, LitNet).
Die Stigterslede van die Art. 21-maatskappy is:
- Bertie du Plessis
- Jos Floor
- Martin Geldenhuys
- Jannie Mouton
- Ronel Terblanche
- Etienne van Heerden
- Steward van Wyk.
Vriendelike groete
Etienne van Heerden
Hoofredakteur/hoofbestuurder: LitNet Akademies Uitvoerende redakteur: LitNet
|