Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
LitNet: Ekstreem

LitNet Nuusbrief
11 Februarie 2011
Nommer 337
Klik op die skakels om na jou gunsteling-afdelings te spring.

Nou op LitNet Akademies
Het jy al ooit met erns gedink aan ekstreme metal in Afrikaans? Burgert A Senekal lig die sluier oor hierdie ondergrondse musiekbeweging en gee ’n oorsig oor die normloosheid en sosiale isolasie.

“Wêreldwyd beklemtoon ekstreme metal sy ‘andersheid’ deur kleredrag, styl, en tematiek te benut wat buite die bestek van die sosiaal-aanvaarbare val.”
Kyk op YouTube na van die liedjies wat bespreek word:
Stadig verblind
– Mind Assault
TienerAngs
– KOBUS
Drome van rebellie
– Nahul
LitNet Akademies word ondersteun deur Die Dagbreek Trust en PSG Groep.

Nou op Menings
Taaldebat
Christo van der Rheede bespreek die rol van Afrikaanse poniekoerante soos die Son in die ontsluiting van die sosiale, opvoedkundige en ekonomiese waarde van Kaapse Vernakulêre Afrikaans.

Nicol Stassen van Protea Boekhuis voeg sy stem by tot dié gesprek.
“Eintlik is daar min bedrywe waarvan die dood al meer dikwels aangekondig is as dié van die boekbedryf.”
Rubriek: Die punt is ...
Michael le Cordeur praat uit oor die bes-bewaarde geheim in Suid-Afrika.
“Diegene wat negatief is oor die klopse, moet weer dink: hierdie is nie praatmense nie. Hulle doen ongelooflik baie vir Afrikaans en nasiebou.”

Mediavryheid
Op LitNet se toegewyde bladsy protesteer skrywers, joernaliste, almal wat met die woord werk, teen die regering se beoogde inperking van media- en spraakvryheid.

Blogs
Crito praat oor die klein dingetjies wat tot groot irritasies lei.

Rubriek: Nuusbrief uit Israel
Egon verhuis in Israel.
“Die struggle is dalk nog nie verby nie, maar ons het ons woonstelletjie by die see.”

Beskerm spraakvryheid: Volg Vrye Woord se nuusbrief, “Die ANC se aanslag op skrif”, hier.
Klik hier vir nog deurdagte menings.
Wat dink jy? Sê jou sê op LitNet se brieweblad, SêNet.

Skryfwerk en boeke

Book launch
Etienne van Heerden, Editor of LitNet, launches his 30 Nights in Amsterdam in Cape Town and Pretoria. Click here for the Cape Town launch and here for the one in Pretoria.
Sanlam|ATKV|LitNet
Afrikaanse Album:
Fanus Rautenbach (1928–2011)
“Met ’n grapjas verstaan die meeste mense as jy ’n grap vertel, maar as jy ’n humoris is, moet mens ’n bietjie dieper dink.”
Hierdie week val die kollig op die lewe en werke van die legendariese woordwewer Fanus Rautenbach.
In memoriam
’n Vuur vir Fanus: Want hy is my pa ...
’n Onthoustorie deur Gerrit Rautenbach.
Woordfees-onderhoud
Cari Coetzee gesels met Albert Blake oor sy boek Boereverraaier.
“Die navorsing was in baie opsigte terapeuties en vervullend, maar tegelykertyd ook ontstellend.”

NetFiksie
“Hulle aankoms is vol klank en kleur, heeltemal uit pas met die vaal voorstedelikheid van ons buurt.”
Marius Ackermann het sonde met die bure in “Portretjie”.

LitNet se gedigteblog: Stuur jou gedigte vir plasing.

LitNet’s Poetry Blog: Read and comment on new poems by new voices here.
Klik hier vir nog nuwe skryfwerk.

18SN: Die Rooiligdistrik
LêNet-kompetisie: My fantasie
LitNet se fantasie-kompetisie is stomend warm. Skryf in voor Valentynsdag verby is en jy kan ’n groot verrassing in die pos kry.
My cougar-fantasie – Ian Hendricks
3+1 – Neil A Morum
Bieg@LitNet
Is jy ’n warmbloedige minnaar? Klik hier vir ’n handvol geheime en praat saam.

VryNet
Ontmoet nuwe mense op VryNet.
Nou op Vermaak
KlankKas-onderhoud
Die See onder in jou leë glas: Nadine Theron gesels met die Pretoriaanse band Die See.
“Hoe ek die song sien, daar’s nie ’n baai nie en as hy sing ‘trek jou costume aan’ is dit intriguing. Pretoria is nou nie juis bekend vir die hotste strande nie.”
Woordfees-onderhoud
Cari Coetzee gesels met Leon Albert oor Goue Eeue, ’n album met kontemporêre toonsettings van Uys Krige se gedigte.
“Die gehoor gaan Uys Krige beleef soos nog nooit tevore nie. Hulle gaan ontdek hoe merkwaardig hy was en hoe relevant hy steeds is in die Nuwe Suid-Afrika.”
Foto’s: kykNET Fiestas 2011
Die eerste kykNET Fiestas is op Donderdag 3 Februarie tydens ’n swierige geleentheid by die Kunstekaap in Kaapstad uitgedeel.  Die Fiestas is toekennings wat aan die beste in Afrikaanse teater en vermaak erkenning gee.
Wen!Wen!Wen!
Skryf in en wen een van twee dubbelkaartjies na die MK Awards, 26 Februarie 2011 by KIKS in Kaapstad.
Musiek, teater, film, visueel – iets vir die oor en die oog, net hier. Wil jy vermaak word?

Gesprekke op LitNet Akademies
Miniseminaar:
Wat is goeie wetenskap?

LitNet het reaksies gevra op die artikel “Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid” in LitNet Akademies, geskryf deur Fanie de Beer en Braam Roux.
Wieland Gevers en Susan Veldsman van die Academy of Science of South Africa reageer.
“Roux en De Beer het ons ’n guns bewys ...”
Melodie Nöthling Slabbert reageer.
“Die tyd het aangebreek dat akademici ’n slag vreesloos hieroor moet debatteer in plaas daarvan om net in akademiese gange hieroor te brom.”
Jannie Pretorius reageer op die miniseminaar oor sy artikel in LitNet Akademies wat die pedagogiese hoedanighede van ’n goeie onderwyser op waarderende wyse ondersoek.

Ondersteun die ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal en verdien persoonlik R15 000 per artikel. Die Natuurweten-
skappe-afdeling van LitNet Akademies is oop vir voorleggings.

Stuur jou Geesteswetenskaplike artikel nou in en ontvang direk R8 000 indien dit aanvaar word vir publikasie.

Gesels saam op die LitNet Akademies-gespreksruimte.

US Woordfees 2011
Feeste
Bibi Slippers vind uit wat agter die spontane Oopmond-program op die Woordfees skuil.
“Oopmond is ’n woord-en-musiek happening soos min.” – Ronel Nel alias Ingrid Dronker vertel die storie agter Oopmond.
“... hulle ‘party’ soms rowwer as rockers” – Nardus du Plooy skinder so bietjie oor die Oopmond-digters.
“Mens moet nooit die spontane minag nie.” – René Bohnen oor Oopmond.

Nederlandse skrywer by Woordfees: Bekende Nederlandse joernalis en skrywer Ingrid vander Veken praat oor Papawers wat in 2010 by LAPA verskyn het.

Elwe en selwe: Die volledige feesprogram is hier aanlyn beskikbaar.

Wen met LitNet en Woordfees 2011: Jy kan dubbelkaartjies wen na die drie vertonings wat jy die graagste by die fees wil sien.
Klik hier vir nog fees-artikels.

DinkNet

Nou op Film
Nabyskoot
André Crous beskou The King’s Speech as ’n soliede stuk werk.
Fliekflooi
Suzette Kotzé-Myburgh vind Black Swan briljant, maar ontstellend.

Bokomo-
brekfisbrief

SêNet


Ondersteuningsgroepe
Die Psige:
Afgeleef en uitgebrand

Die Liggaam:

Newe-effekte van mirena






LitNet se wyn word voorsien deur
Leopard’s Leap.



Indien u nie hierdie brief wil ontvang nie, stuur ’n e-pos aan unsubscribe@litnet.co.za.
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes | Kontak ons | Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik

 
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur