SkryfNet is ’n aanlynskryfskool vir opkomende prosa- en poësieskrywers wat nog nie ’n eie debuut gemaak het nie. Die kursus duur ongeveer drie maande en die leiding word behartig deur bekende figure in die Afrikaanse literêre bedryf wat as inwonende skrywers optree. ’n Kortverhaal of gedig van elkeen van vyf skrywers of digters word op die internet geplaas, waarna die inwonende skrywers kommentaar op elkeen van die verhale of die gedigte lewer. Hierna skaaf die skrywers weer aan die tekste, die inwonende skrywers lewer nog ’n verslag elk, en uiteindelik herskryf die skrywers hul verhale ’n laaste keer. Lesers kan die skryf- en skaafproses, en ook die keurders se kommentaar, enduit op SkryfNet volg. SkryfNet word behartig deur Etienne van Heerden en die LitNet-kernspan. Hierdie spesiale projek is moontlik gemaak deur Sanlam. Vir SkryfNet-aanlynslypskole klik hier. |