|
Is jy bang dat jou dramateks in ’n laai gaan lê en stof vergader noudat die gordyn gesak het? Stuur nou jou tekste (insluitend teatertekste, radiodramas en kabarettekste) aan LitNet en ons pak dit in ons splinternuwe LitNet-spens!
Die LitNet-spens is ’n ruimte waar ons ongepubliseerde Afrikaanse tekste berg wat betrekking het op die uitvoerende kunste. Die projek skop af met die argivering van dramatekste (insluitend teatertekste, radiodramas en kabarettekste).
- Afrikaanse dramatekste word geberg in die LitNet-spens en sodoende aan die publiek beskikbaar- en bekendgestel. Toegang tot die LitNet-spens is gratis.
- Slegs elektroniese voorleggings word oorweeg.
- Tekste word oorsigtelik beoordeel voor plasing om bv laster te vermy. Voorkeur word gegee aan tekste wat reeds opgevoer is, maar enigiemand is welkom om ’n teks in te stuur.
- Tekste word geplaas soos dit ontvang word. LitNet is nie verantwoordelik vir enige taalversorging nie.
- Tekste word in pdf-formaat geplaas, met ’n indeksblad op LitNet se teaterafdeling waar die tekste gelys word met die nodige inligting ten opsigte van genre, kopiereg, opvoergeskiedenis, kontakbesonderhede, ens.
- LitNet het geen kopiereg op die tekste nie en sal nie betrokke raak by die administrasie van opvoerregte nie.
- Nuwe tekste word deurlopend op LitNet se tuisblad en weeklikse nuusbrief bekendgestel.
.
Klik hier om ’n dekvorm in Word-formaat af te laai.
|