| Sanlam/LitNet Aanlyntoneelskool |
ABSA/LitNet Chain Interview | Ketting
|
Levi's®/LitNet Origin of Songs
|
Liriekskrywers
|
Mont du Toit Wynkwatryne
|
Sanlam/LitNet Aanlynskryfskole
|
Sanlam/LitNet Aanlyntoneelskool
|
Sanlam|LitNet: Ons kunserfenis
|
The Pick 'n Pay | LitNet Virtual Shopping Basket
Oor die Sanlam/LitNet Aanlyntoneelskool
 
Die Sanlam/LitNet Aanlyntoneelskool wil teaterlui - in hierdie geval veral dramaturge – die geleentheid bied om te reflekteer en gedagtes uit te ruil oor die kreatiewe uitdagings van die skryfproses.
LitNet glo so ‘n toneelskool kan ‘n waardevolle bydrae lewer tot die kreatiewe ontwaking van baie lesers. Behalwe dat dit reuse opvoedkundige waarde inhou, bied dit ook aan die gevestigde dramaturge die geleentheid om van mekaar te leer en gedagtes uit te ruil oor werkwyses en metodes. Klik hier vir die temas.
|
|
George Weideman "Ek dink nie ‘n mens moet 'vasklou' aan jóú idees asof dit heilige grond is nie – skryf vir die teater is nie soos die skryf van ‘n roman of ‘n kortverhaal of ‘n gedig nie; dis gedeelde besit eerder as 'privaatbesit'. "
|
|
|
Willem Anker "Dramatekste sny nie die wêreld so oop soos romans nie. Dramas moet deurleef word, nie gelees word nie. Die rede hiervoor is eenvoudig: stories werk altyd so: Iets gebeur Iewers met Iemand. En in die teater is daar gewoonlik Iemand, of ʼn paar van die goed."
|
|
|
Anton Krueger "Writing is different from other art forms ... you're using something very ordinary and everyday; you're using very normal signifiers used by everybody else to order a pizza ... and from this you're going to try to create something spiritual, or beautiful (or, at the very least, meaningful)."
|
|
|
Albert Snyman "Dit is die eerste en belangrikste reël. Ken en verstaan jou teks! Daar is niks erger as ʼn regisseur wat duidelik nie regtig die teks verstaan nie of nie daarvan hou nie. ʼn Goeie teks bevat gewoonlik ʼn goeie storie. Daardie storie het gewoonlik onderliggende temas ..."
|
|
|
Lizz Meiring "Die hartseer saak is: wanneer dit kom by die kunste, of enige vorm van kreatiwiteit, is almal, selfs diegene wat nog net een maal, veertig jaar gelede, ‘n kabouter in ‘n skoolkonsert was, skielik ‘n ekspert met ‘n opinie."
|
|
|
Janet van Eeden "The first question posed is why I chose drama over other genres. It’s a tricky one, especially as I am so biased in favour of drama. But to choose to write plays one has to have a passion for telling stories in a dramatic way, whether it is on the stage or in film." |
|
|
Harry Kalmer "Behandel akteurs soos goud. Dra hulle op jou hande. Aanbid hulle indien nodig. Maar moet hulle nie noodwendig te ernstig opvat nie." |
|
|
Leon Kruger “Soms voel ek dat die dryfveer vir Afrikaanse teater ’n kollektiewe vrees is. Vervaardigers, skrywers, akteurs se kuns word ondergeskik aan ’n vrees van verantwoordelikheid om dié vorm van kuns in Suid-Afrika te laat oorleef.” |
|
|
Hans Pienaar “Die lyflikheid van woorde raak elke stukkie dialoog. Die grootste uitdaging is om hulle so neer te pen dat hulle beide die ontwikkeling van die verhaallyn moontlik maak en plek maak vir die lyflikheid waarvan hulle deel is ...” |
|
|
Gaerin Hauptfleisch “Vir my is ‘n teaterteks karaktergebonde. Karakters is wat gehore aangryp. Karakters gaan jou sê vir jou sê.” |
|
|
Braam van der Vyver “Die antwoord is nie ‘n eenvoudige een nie, maar daar is tog ‘n paar riglyne wat nie uit die oog verloor moet word nie.” |
 |
Nico Luwes “Ek leer nog. Elke keer. Daarom probeer ek elke keer ’n ander genre. Maar ek skryf nie voordat die ding geskryf wíl word nie ...” |
 |
Tertius Kapp “...al moet mens jou nooit laat beperk deur die gehoor nie, bly die beste maatstaf van sukses in teater die gehoorreaksie. En: die geklap van hande is die mees betroubare indikator van dié reaksie.” |
 |
Mike van Graan “It is with some trepidation that I write about my writing for theatre, particularly if it is for the benefit of aspirant writers, as I am still in the process of learning the craft myself.” |
 |
Hennie van Greunen “En nou nog, as ek agter in ‘n donker ouditorium (lees: skoolsaal, kerksaal, markiestent, Kine, skoolvierkant) sit en ligte operate en die gehoor, spelers en teks smelt alles saam, dan fluistersing daai styfgespande draad weer. En alles is wel met die wêreld.” |
 |
Marthinus Basson “En hopelik sal voornemende skrywers weet waaraan om hulle te meet. Sien meer as vyf stukke by ‘n fees en mens kry soms die gevoel die lat is so laag gestel dat onderdeur ‘n baie groter uitdaging sou wees …” |
 |
Jeanne Goosen “Inspirasie is oral. As jy lewe, het jy iets om te sê. Ek het ook vroeg al – op skool reeds – 'n onderwyser se raad gevolg: absorbeer en observeer. Sonder aansiens des persoons. Dialoog volg (dan) spontaan en natuurlik. Taal is, soos Kierkegaard sê, situasiegebonde.” |
 |
Saartjie Botha “Die kwaliteit van die meeste nuwe Afrikaanse tekste is, wat my betref, verdag (my eie werk hierby ingesluit). Nuwe Afrikaanse tekste wat gemik is op feeste, is selde langer as 60 minute. Vir behoorlike karakterontwikkeling het jy tyd nodig.” |
 |
Adriaan Meyer “Die kunswerk is altyd belangriker as die kunstenaar, en eersgenoemde verdien die sweet en tyd van laasgenoemde. En as dit dan beteken dat laasgenoemde moet ly vir sy kuns, dan is dit so. (Moet hom egter nie te jammer kry nie: alle kunstenaars is ’n bietjie masochisties.)” |
Die temas:
A. Genre: ‘n Drang tot drama Waarom juis teater kies bo ander genres soos film, letterkunde ens? Wat is die sterk punte en struikelblokke van dié medium? Watter opsies het mens? Waar lê die groot uitdagings?
B. Tema: Soek die storie Waar soek mens vir idees en inspirasie? Watter temas is deesdae gewild en relevant vir goeie teater?
C. Verhaallyn: Wat is die probleem wat oplossing soek? Hoe identifiseer mens die dramatiese handeling? Wat is die probleem, wat weer sekere interaksies en konflikte motiveer? Wat is die onbereikbare, wat soek die karakter wat buite sy/haar bereik is? Hoe werk mens aan ‘n verhaallyn?
D. Karakterisering: Hoe bou mens karakters? Hoe werk karakterisering? Hoeveel wys jy, hoeveel hou jy terug? Hoe vind jy jou karakter, hoe vind jou karakters mekaar?
E. Dialoog: Waar begin jy en hoe hou jy dit vol? Hoe blaas mens lewe in jou karakters se dialoog? Hoe laat jy hulle oortuigend klink? Hoe verskil dialoog van prosa? Waarheen gaan mens met dialoog?
F. Van teks na teater Die rol van spanwerk in teater, tussen teksskrywer, regisseur en akteurs. Hoe word ‘n teks teater? Hoe neem jy afskeid van jou teks? |