| |
 |
Groep: Bydraers/Contributors
Prof Nico Luwes was eers Pacofs akteur en is sedert 1980 verbonde aan die Dramadepartement by Kovsies, vanaf 1990 as hoof. Van die 25 toneelstukke wat hy geskryf en gepubliseer en wat professioneel opgevoer is by die UV en kunstefeeste en deur streeksrade, is Aku vang 'n ster, Die buite-egtelike ouma, Graswewenaar, My liewe Meneer Malan, Die Waterwyser, 'n Lam vir die Pase, Die Mure van Jerigo, Skroot, Limerieke Sonder Brieke, Waaihoek, Die Knorries en die krisis en Zollie die bekendstes. Laasgenoemde stuk is met die 2006 Sanlamprys vir nuwe Afrikaanse teater bekroon. Nico is gereeld regisseur en speler by nasionale kunstefeeste. Onlangse produksies was Braam van der Vyver se Straties, Chris Vorster se Aasvoëls en Molière se Ipekonders. Hy was regisseur van Romeo en Juliet in Russies in die Chekhov Staatsteater in Pavlodar in Kazakhstan in 2005 en vertrek weer vanjaar in Oktober daarheen as regisseur van sy eie stuk, The Illegitimate Granny in Russies.
Opgedateer/Updated: 2006-09-01 Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
|
|
|