Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 



Etienne van Heerden
Uitvoerende redakteur

Groep: Kern-medewerkers/Core editorial collective
 

Etienne van Heerden (http://www.etiennevanheerden.co.za/) is Hofmeyr-professor in die Skool vir Tale en Letterkundes aan die Universiteit van Kaapstad en woon op Stellenbosch. Hy is stigter-redakteur van LitNet, wat in Januarie 1999 aanlyn gegaan het nadat hy ’n voorstel vir ’n aanlyn-boekejoernaal aan 24.com gemaak het. As SêNet se eerste webmeester het hy LitNet sedertdien as meningsjoernaal uitgebou en as redakteur bestuur.

Hy het eers in die Regte studeer, ’n LLB aan die US behaal en as prokureur gekwalifiseer. Daarna doseer hy Regspraktyk aan die Skiereilandse Technikon en werk as assistent-adjunkbalju vir die Hooggeregshof in die Ravensmead-, Bellville-Suid- en Elsiesrivier-omgewings. Hy werk ook vir ’n aantal jare in die reklamewese as kopieskrywer en kliëntskakel.

Van Heerden is in Johannesburg gebore en word groot in die Karoo. Na sy regstudies studeer hy in die letterkunde en behaal die Honneurs- en Magistergrade (albei cum laude) en ’n PhD oor postmodernisme en betrokkenheid. Sy akademiese loopbaan neem hom van die Universiteit van Zoeloeland na Rhodes en toe na Kaapstad, waar hy hom tans toespits op nagraadse studieleiding vir beide Afrikaans- en Engelstalige Skeppende Skryfwerk-studente, en meestersklasse in fiksieskryf. Hy gee klas oor die Afrikaanse en Nederlandse literatuur, Digitale Geesteswetenskappe (internet- en webteorie) en resente ontwikkelinge in fiksie in Engels. Sy studente in Skeppende Skryfwerk wat boeke publiseer wat onder sy leiding ontwikkel is, sluit name in soos Tom Dreyer, Rachelle Greeff, Chanette Paul, Sonja Loots, Izak de Vries, Nini Nöthling, Nanette van Rooyen en Jaco Botha.

Hy publiseer 21 boeke in verskeie genres en sy fiksie word in elf tale vertaal. Sy werk is talle kere bekroon. Hy is ’n Honorary Fellow van die Universiteit van Iowa en lid van die adviesraad vir hul beroemde International Writing Program, wat jaarliks tientalle skrywers van oor die hele wêreld na Iowa City bring. Hy is direksielid van NB-Uitgewers, wat Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela, Pharos en Best Books insluit. Hy tree dikwels in die buiteland op en was al as inwonende skrywer aan verskeie universiteite in die buiteland verbonde.


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur