Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 



Nanette van Rooyen


Groep: Bydraers/Contributors
 

"Wanneer 'n mens in die Karoo gebore is, spesifiek in die sterredorp Sutherland, ontkom jy nie maklik aan sy inwerking op jou nie. Tot jy op 'n dag besef dat die Karoo nie 'n geografiese gebied is nie, maar wel 'n toestand."

In hierdie toestand voltooi Nanette van Rooyen haar BA-graad in tale, plus 'n Hoër Onderwys Diploma, aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna gaan gee sy onderwys in Umtata, Transkei. Die behoefte om met boeke te werk, bring haar egter terug Kaapstad toe, waar sy 'n loopbaan in die uitgewerswêreld begin. Vir die volgende vyftien jaar doen sy redaksionele ondervinding op by Perskor, Juta Uitgewers, Delos, Tafelberg en Vlaeberg.

Nadat haar eerste dogter in 1996 gebore is, begin sy werk as vryskrutredakteur, deels om meer tyd aan eie skryfwerk af te staan. Kort daarna verskyn haar eerste kinderboeke, Onkel en Pops en Houtpapegaaie praat mos nie. Sedertdien het vyftien kinderboektitels in haar naam verskyn, waaronder Maaneiers, wat bekroon is met die ATKV-prys in 1996, en Die Groen Koei, wat in 2001 deur Biblionef gekies is as 'n herdruk vir die verspreiding daarvan in Afrika.

In 1999 wen sy die De Kat/Human en Rousseau Vonkfiksiewedstryd met "Tollie Hans". In 2001 ontvang sy die RAU-Mardene Marais-debuutprys vir Letterkunde vir haar kortverhaalbundel Om te vlerk. Sy publiseer in 2007 haar debuutroman, Chinchilla, by Human & Rousseau. Hierdie publikasie het deel gevorm van haar Meestersgraad in Skeppende Skryfkuns onder die mentorskap van prof Etienne van Heerden, by Universiteit Kaapstad.

Tans woon sy saam met haar man, Rudi, en hul twee dogters (Sabina en Leah) in Fresnaye, Kaapstad waar sy reeds werk aan 'n volgende roman.


Opgedateer/Updated: 2008-02-18
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SĂȘNet

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur