LitNet Akademies Adviesraad
Groep: Bydraers/Contributors
Desmond Painter het in 1992 gematrikuleer aan die Hoërskool Brackenfell, waarna hy 'n MA in Sielkunde behaal het by die Universiteit Stellenbosch. Hy het vir ses jaar by Rhodes Universiteit gewerk (eers as junior lektor en later as lektor in Sielkunde) voordat hy, in 2005, 'n aanstelling by die Universiteit Stellenbosch aanvaar het as Lektor in Sosiale Sielkunde. Hy is tans besig om 'n doktorale proefskrif te voltooi (by Unisa) oor taalideologiese debatte in post-apartheid Suid-Afrika. Ander navorsingsbelangstellings sluit in die geskiedenis en filosofie van die sielkunde, kritiese sielkunde en kwalitatiewe navorsingsmetodes, en die sosiale sielkunde van identiteit. Desmond is mede-redakteur van twee akademiese boeke (een oor navorsingsmetodologie en die ander oor die geskiedenis van die sielkunde in Suid-Afrika), skrywer van etlike artikels in vaktydskrifte, en skryf gereeld artikels en resensies vir die media.
Opgedateer/Updated: 2007-10-07 Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
|