Groep: Bydraers/Contributors
Diana Ferrus werk as administrateur, Departement Bedryfsielkunde, Universiteit van Wes-Kaapland. Sy het so pas haar Honneurs in Vrouestudies voltooi.
Diana het veral bekendheid verwerf met haar gedig oor Saartjie Baartman wat daartoe gelei het dat die oorskot van Saartjie Baartman teruggebring is na Suid-Afrika. Sy is veral geïnteresseerd in die optekening van Afrikaanse vroue se stories en was die samesteller van Slaan vir my 'n masker, Vader, 'n bundel kortverhale deur Afrikaanse vroue van verskillende ouderdomme uit verskillende agtergronde. Diana het in 2006 haar debuutbundel, Ons komvandaan, self uitgegee.
Opgedateer/Updated: 2006-10-31 Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
|