Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 



Jaco Botha


Groep: Bydraers/Contributors
 

Jaco Botha is sedert 2003 'n vennoot in die klein reklameagentskap, Big Bad Wolf Advertising. Hy is verantwoordelik vir skeppende elemente soos: konsepontwikkeling, kopieskryf, en innoverende strategiese beplanning. Hy werk ook as vryskut-skrywer.

Hy beskik oor 'n BA-graad van die Universiteit van Stellenbosch, 'n BA- honneursgraad (in letterkunde) en 'n MA-graad in Skeppende Skryfwerk (met lof) van die Universiteit van Kaapstad.

Hy is die skrywer van twee kortverhaalbundels (In Drie Riviere en Sweisbril, albei deur Human & Rousseau uitgegee) en sy eerste kinderboek, Lalala en ek by die See het in 2005 by African Sun Media verskyn. In 1997 is die M-Net-beurs vir Skeppende Skryfwerk aan hom toegeken. Sy debuut-roman, Miskruier, het in September 2005 by Human & Rousseau verskyn.

In 1998 was hy 'n lid van die Suid Afrikaanse Nasionale Blindekrieket-span wat die Wêreldbeker in Indië verower het. Hy werk tans aan 'n draaiboek, BULLET!, vir Spier films en is ook besig met 'n tweede roman, Groot Depressie ('n humoristiese blik op die IT-industrie). Hy is gelukkig getroud met die aktrise, Ingrid Lehmensich en woon in Aucklandpark, Johannesburg. Hy geniet kanovaart, kosmaak, brug en braai.




Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur