Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 



Deon Knobel


Groep: Bydraers/Contributors
 

Deon Knobel beskryf homself as ʼn realistiese aartsromantikus.

As vierde van sewe kinders van Gideon en Esther (Roux) bring die Knobels saam met twee niggies sorgvrye kinderjare deur op die familieplaas Vêrsien. Sy moeder het gesorg vir hulle kulturele prikkeling terwyl die besoeke van Erna Sack, Elizabeth Schuman en Heinrich Schlussnuss 'n blywende indruk laat en waarskynlik die inspirasie was vir sy eie latere klassieke sangloopbaan. Hy toon groot musikale talent en verwerf selfs eenmaal die hoogste punte van alle kinders op Bethlehem vir sy Gevorderde Unisa klaviereksamen. Na matriek studeer hy medies op Stellenbosch en verwerf sy MBChB in 1962 met hoogste onderskeiding. As student begin hy met formele sanglesse, en van sy derde tot in sy finale jaar word vier Lieder-sangopnames deur die SAUK gemaak en uitgesaai.

Na sy huisdokterjaar sluit hy aan by die Staatslaboratorium vir Patologie "om meer tyd te hê vir [sy] eie sangloopbaan en kulturele aktiwiteite." In 1985 word hy Hoofspesialis/Professor en Hoof van die Departement Regsgeneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad waar hy in 2000 die gesogte toekenning as "Uitmuntende lektor" (Distinguished teacher) ontvang. Met die aanvang van die vigs-pandemie in 1981/2 word hy 'n verwoede vegter vir die menseregte van persone met MIV/vigs. Na aftrede in 2004 lê hy hom toe om die oeuvre van sy Sestigerbroer, Wilhelm Knobel, op te diep en uit die vergetelheid te laat herrys. Oor die droefheidsproses en berading word hy 'n gesogte gasspreker. In 2006 word 'n dokumentêre film, ... en skielik is dit aand … oor aspekte van sy lewe en werk deur twee oud-studente gemaak en verdien sedertdien groot lof by filmfeeste. Sy eie kreatiewe skrywersdrang word in September 2007 geprikkel na die ope uitnodiging deur Etienne van Heerden vir bydraes tot Vintage op LitNet en sedertdien het talle bydraes reeds op LitNet verskyn.

Opgedateer/Updated: 2008-05-06
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SĂȘNet

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur