LitNet Akademies Adviesraad
Groep: Bydraers/Contributors
Christo van der Rheede is ’n boorling van Goedverwacht, ’n Morawiese sendingstasie naby Piketberg. Hy voltooi sy matriek te Schoonspruit Sekondêr in Malmesbury in 1981 en sit sy onderwysopleiding voort aan die eertydse Bellville Onderwyskollege. As hoofstudent aan die Bellville Onderwyskollege is hy aktief betrokke in studentepolitiek en behaal in 1985 die Hoër Onderwysdiploma in Musiek en Afrikaans. Hy tree in 1986 tot die onderwys toe te JS Klopper Primêr in Elsiesrivier. Hy vorder tot prinsipaal in 1999 aan die Laerskool Silversands te Blue Downs. Na verdere studie behaal hy sy BA te UWK, ’n bestuursdiploma aan die US-Besigheidskool, en ’n Meestersgraad in publieke administrasie aan die US se Skool van Openbare Bestuur. Vir sy toewyding tot die onderwys ontvang hy ’n merietetoekenning vir uitstaande werk in die onderwys van die Bellville Skole Prinsipale Vereniging, ’n provinsiale toekenning vir uitstaande onderwysleierskap en -bestuur vanaf die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en, ’n direkteurstoekenning van die US se Bestuurskool. Hy bedank na 20 jaar in die onderwys en is sedert 2005 die uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), ’n nieregeringsorganisasie wat ’n wye verskeidenheid ontwikkelingsprogramme in gemeenskappe aanbied. Hy dien ook as lid van die Afrikaanse Taalraad, die Wes-Kaapse provinsiale regering se Kultuurkommissie, die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, en ook SANCA Wes-Kaap se direksie.
Opgedateer/Updated: 2010-04-22 Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
|