Groep: Bydraers/Contributors
JMT Labuschagne is in 1971 gebore uit 'n lang bloedlyn van wit Afrikane wat hulle stamboom kan terugvoer na Memnon, die koning van Ethiopië. Hy verwerf sy BA-graad in Sielkunde en Duits aan die Universiteit van Pretoria (hoewel sy grootste belangstelling nog altyd die filosofie was). Daarna voltooi hy sy LLB-graad en is sedert 1999 in die regsberoep. Tans werk hy as regsadviseur by 'n Johannesburgse versekeringsfirma. Hy is die outeur van twee tienerboeke, Kodenaam: Centaurus en Op Eie Risiko. Hy het poësie en verskeie kortverhale geskryf wat onder meer in New Contrast, Litera en Die Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer is. Opgedateer/Updated: 2009-10-19 Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
|