Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 



Phillip Louw


Groep: Bydraers/Contributors
 

 Dr Phillip Louw het 'n D.Litt. in Leksikografie (met die fokus op skoolwoordeboeke) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy het sy loopbaan as deeltydse dosent in die departement Afrikaans en Nederlands aan die US begin, waarna hy na die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal getrek het. Na sewe jaar as mederedakteur van die WAT, het hy in 2005 as senior redakteur by Oxford University Press Southern Africa aangesluit. Sy eerste projek as redakteur vir OUP, die Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans Skoolwoordeboek School Dictionary, het die ATKV-Woordwystoekenning in 2008 ontvang. Sy mees onlangs afgehandelde projek was die Oxford Bilingual School Dictionary: English and Northern Sotho, waarvan hy die OUP-interne redakteur was. Tans dien hy as Besturende Redakteur: Woordeboeke by OUP SA.

Buite werksverband lees hy graag wetenskapfiksie, grafiese romans en enige literatuur oor outisme. Sy gunstelingskrywers is Neil Gaiman en Alan Moore, en hy kyk graag na enigiets wat Joss Whedon op die skerm sit. Hy is ook 'n onwrikbare Blou Bul-ondersteuner. Sy grootste uitdaging in die lewe is om sy outistiese seuntjie te help en om hom beter te verstaan.

Opgedateer/Updated: 2009-07-20

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur