Groep: Bydraers/Contributors
Michael le Cordeur is ’n dosent in Afrikaansonderwys en voorsitter van die BEd-programkomitee aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. Voorheen was hy taalonderwyser, skoolhoof, en kringbestuurder van onderwys in die Stellenbosch-distrik
van die Weskaapse Onderwysdepartement. Hy verwerf ’n doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch en het ook grade aan die Universiteit van Wes-Kaapland, UNISA en die Nagraadse Bestuurskool van Stellenbosch verwerf. Sy navorsing handel oor die verbetering van leerders se lees- en skryfvermoë met behulp van inligtingstegnologie. Hy doen ook navorsing oor taalbeleid en moedertaalonderrig. Hy dien vir ’n tweede termyn as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee en is pas verkies as die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR). Hy is die skrywer van etlike handboeke en akademiese artikels. Hy neem aktief deel aan die openbare debat oor taal en die onderwys by wyse van gereelde rubrieke in die plaaslike media en lewer referate plaaslik en internasionaal. Hy is in 2008 deur die Suid-Afrikaanse Akademie bekroon met die Elisabeth Steijn-medalje vir sy bydrae tot onderwys.
Opgedateer/Updated: 2011-11-30
Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
|