Groep: Bydraers/Contributors
Naòmi Morgan (Doctorat ès lettres, Université de Genève) is hoof van die Afdeling Frans aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en eksterne eksaminatrise van talle Suid- en Suider-Afrikaanse universiteite. Haar studie onder Michel Butor (Universiteit van Genève) het gelei tot publikasies in woord- en beeldstudies en die negentiende eeuse Franse roman. Haar spesialiteitsvelde het die afgelope paar jaar uitgebrei tot publikasies met ’n historiese inslag (die roman van die Eerste Wêreldoorlog, historiese romans oor die regeringstyd van Louis XVI en Marie-Antoinette ) en veral tot ’n besinning oor die kuns van vertaling, en meer spesifiek die vertaling van romans en ‘chansons’ in drie tale (Afrikaans, Frans en Engels). Dit het gelei tot verskeie publikasies soos The languages and literatures of Africa; Ébrahim Hussein: Swahili theatre and individualism; die safari-gids Balades dans le Bush; Terroir and the winegrower (lg. twee publikasies in samewerking met ander vertalers) en die vrystelling van twee CD’s, Herman van den Berg sing Brel in Afrikaans (in samewerking met Bernard Odendaal) en Afri-Frans. Haar belangstelling in literêre vertaling en in kreatiewe skryfwerk (twee van haar dramas, Cor, die ander Van Gogh en Helena van Bethesda, is plaaslik en oorsee opgevoer) word verder uitgeleef in die MA in Kreatiewe Skryfwerk en Literêre Vertaling wat deur die Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans by die UV aangebied word. Opgedateer/Updated: 2010-01-13 Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
|