Groep: Medewerkers/Contributors
Gerrit Rautenbach is ’n onrustige reisiger, reisskrywer en fotograaf. Sy reislus het begin toe sy ma vir hom Gulliver se reise voorgelees het. Hy was drie. ’n Paar jaar later het hy alleen op die Magaliesberg gaan slaap.
Sedertdien het hy ’n paar nagte in ’n paar vreemder plekke geslaap. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimanjaro. Die diep Namib. Hy was drie jaar in Europa, 300 kilometer ver in die Arktiese sirkel en het oor 20 reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit om die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië op te skryf.
Hy het die heel eerste Suider-Afrikaanse Avontuurgids saamgestel, was die stigtersredakteur van Mooiloop, het ’n aanvallende boerbok in Malawi ore aangesit en op ’n keer het ’n olifant in die Ngororo-krater lemoene uit sy daktent gevreet. Terwyl hy besig was om ’n storie te skryf. In die tent.
Gerrit is ’n alleenloper, besit nie ’n huis of ’n hond nie, maar ’n rugsak en ’n geldige paspoort. Hy bly saam met sy geliefde KTM-motorfiets in Stellenbosch. Soms ...
|