Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 



Daan Wissing


Groep: Bydraers/Contributors
 

Daan Wissing is tans senior navorser in CTexT (Sentrum vir Taaltegnologie). Hy verwerf die grade tot die MA aan die destydse PU vir CHO (deesdae die Noordwes-Universiteit). Hy is sedert 1966 voltydse dosent in Afrikaans-Nederlandse taalkunde. Hy studeer van 1967 tot 1971 in Nederland, waar hy in 1969 die graad Drs Litt in Algemene Taalwetenschap aan die Vrije Universiteit van Amsterdam verwerf. Daarna promoveer hy aan die Rijksuniversiteit Utrecht (1971), ook in Algemene Taalwetenschap. In 1979 word hy professor aan die PU vir CHO. Hy doseer Afrikaans-Nederlands en algemene taal- en literatuurwetenskap, en word voltydse navorser (1992–1998). Van 1998 tot 2001 is hy navorsingsdirekteur: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks. Hy publiseer wyd op die gebied van fonetiek en fonologie van Afrikaans, Engels, Tswana en Sotho. Hy werk as fonoloog saam in verskeie interdissiplinêre nasionale en internasionale navorsingsgroepe, die afgelope aantal jare veral op die gebied van die spraaktegnologie. Daan Wissing is verskeie kere vir sy navorsing bekroon, mees onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met die CJ Langenhoven-prys vir Taalwetenskap. Hy is ook ’n NRF-gegradeerde navorser.

 

Opgedateer/Updated: 2011-08-31

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur