Dr Michael le Cordeur is ’n onderwyskundige van Stellenbosch. Hy is die skrywer van verskeie skoolhandboeke en sy navorsing handel oor die verbetering van lees met behulp van die inligtingstegnologie (PhD)en die insluiting van die media in die skoolkurrikulum (MEd). Hy het ook die Senior Bestuursprogram voltooi aan die Nagraadse Bestuurskool van Stellenbosch. Hy is voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee sowel as die Breytenbach Sentrum; dien as raadslid van die Afrikaanse Taalmuseum, die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch, en ’n trustee van die Naspers Bemagtigings Trust en die Het Jan Marais Fonds. Hy is deur die SA Akademie bekroon met die Elisabeth Steijn-medalje vir sy bydrae tot onderwys.