Met nuwe films op die voorgrond en films uit die verlede wat ook in diepfokus teenwoordig is, kyk André Crous eerlik (dus: subjektief) verby die onsinnige onderskeid tussen “kuns” en “kommersieel” na die gehalte van die werk wat op die silwerdoek in Suid-Afrika vrygestel word. Bo en behalwe die normale resensies, sowel as korter aflewerings (’n “Kortaf”), sal André ook elke maand ’n “Terugflits” bied waar hy vergelykend sal kyk na ouer films wat onder ’n gekose tema saamval.