| |
 |
| Vinnige vragies aan Francois Williams se Kop se Kak |
Carl Muller
Francois, jy sê: “Ek weet my een Hollandse vriend se seun het baie vinnig baie 'onwettig' begin word daar nadat hy te veel wettige joints gerook het, en ook amper selfmoord gepleeg, maar uiteraard verskil dit seker van die Kaapse variëteite van wettig en onwettig. Ons in SA is mos maar altyd die alleen skuldige ter wêreld, die ander mense doen mos alles reg.” Ek meen, weet jy nie van die gevaar van rooiwyn nie??? 'n Vriend van my skoonsuster se broer se meisie se ouma se boytoy het vier keer SUKSESVOL selfmoord gepleeg na drie glase Chateau Libertas. Nou wil jy vir my vertel daar is 'n verskil tussen joints in Amsterdam, Tik op die Kaapse Vlakte en Tassenberg in De Akker!!!! Comprehende??? Jy raak dan die volgende kwyt: “Hoekom dink jy groei talle Afrika-ekonomieë teen 'n duiselingwekkende spoed? Ek praat van 40-50% koerse?” Dit mag so wees, maar weet jy dan nie dat die ekonomie in Antarktika teen 140-160% PER MAAND groei nie????? Ek meen, kry maar vir jou die Chinese son met vae herinneringe aan Afrika in jou agterkop terwyl ek hier sit en die Antarktika-somersonnetjie ten volle geniet, met die wete dat as ek bietjie effort insit, ek tot PRESIDENT van Antarktika verkies kan word terwyl jy verdrink in jou wet dreams. Capish??????? En dan jou kop se kak oor rugby. Ek meen, weet jy nie dat Kakamas se eerste span deur die sesde mag in Australië verhoed word om aan die Super-14 deel te neem nie??? Een ding is jy 100% oor reg – daar is 'n beter span as die huidige Springbokke in SA, maar dit is beslis nie die Vrystaat nie. Viva die Kakamas Rangers!!!!! Comprehende????????????
Carl Muller
PS – Ek weet jy gaan nou iets sê oor die hoë misdaad levels in Antarktika, maar ALMAL weet al vir 75 000 000 jaar dat Robert Mugabe gereïnkarneer gaan word as die minister van sekuriteit van Antartika en tra-la-la – 'n onmiddellike afname in misdaad tot die LAAGSTE SYFERS in die wêreld. Comprehende??????
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|
|
|