| Verslawing: Vir dié wat verslaaf is aan pornografie |
Charmaine
Ek glo ons wêreld is so ontbloot deur pornografie dat ons dit nie kan ignoreer nie. Ons as vroue probeer te hard om daarteen te veg. Veral ons wat getroud is. Ons mans sal altyd kyk. Dit is in hul aard. Ons as vroue moet meer kommunikeer in ons huwelike oor waaroor ons mans fantaseer. Is ons hoofdoel nie tog om hom gelukkig te maak nie? Nou, as hy met sekere dinge wil eksperimenteer, hoekom nie met sy eie vrou nie? Glo my, elke vrou soek ook maar ’n bietjie excitement in haar lewe, en hoekom dan nie met jou eie man nie? Ek trek die streep by adultry. Dit is teen God se wet. Ons kerke en ouers het ons grootgemaak om prim en proper te lewe. So nou dink ons ons moet ook só wees in die slaapkamer. Nee, ons kan mekaar geniet en nuwe dinge probeer. Solank albei instem en mekaar respekteer en liefhet. Moet asseblief nie jou man oor die kole haal oor voorstelle nie. Dink eers daaroor en as jy werklik nie kan nie, verduidelik mooi vir hom hoekom nie. En kies die regte atmosfeer en moet nooit vinger wys na hom nie. Bou mekaar op en moenie afbreek nie. Almal kyk na almal. So as hy na pornografie kyk, deel dit met hom. Vra uit oor wat hy wil hê en probeer dit. In enige verhouding kos dit baie werk om die ander persoon gelukkig te hou – weet dat dit nie net altyd maanskyn en rose sal wees nie. Wees eerlik en openlik met mekaar sonder om mekaar af te breek, maar eerder deur mekaar op te bou. Wees lief vir mekaar soos Jesus ons liefhet. Hy het deur alles nog steeds vir ons op die kruis gesterf. Charmaine
Reageer | Respond: ondersteuning@litnet.co.za
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|