Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Tiaan Herbst: Moraal ...
Cornelius Henn
2011-03-31 Druk dit/Print it

Hallo Tiaan,

Dis ’n gegewe dat moraal nie op godsdiens van watter aard ook al, en noodwendig geskoei hoef te word nie.

Dis inderdaad hartseer dat die Evangelie deur ’n sogenaamde “Christelike-leefstyl” gekaap is.

Inteendeel, die Kerk is daar vir die immoraliste. Vir die wat honger en dors het ... gemoeid en belas is ... die wat swaar dra aan hul gewete ... hopeloos ly aan hul ego en waan ... vir ons dra Sy die Goeie Nuus ... niks met Farisese en Skrifgeleerde (KdK) reg en verkeerd meer te doen  - dit waarmee Satan se agente ons so dag en nag in aanklaag in die Hemele probeer vervolg nie!

Maar, op ’n ietwat ander noot.

Ongeveer 3300 jaar gelede het die Egiptiese geestesiener, farao Akhenaten geleer:

“Eer is ons innerlike kleed – dis ons Siel; eerste daarmee gekleed is die vlees, laastens word dit langs ons liggaam neergelê in die skeiding daarvan.”

Vir die grootste deel van die mens se geskiedenis is eerbaarheid as die hoogste menslike waarde geag; soveel so dat ’n mens sou sterf daarvoor ...

Menige oorlog is op gronde van gekweste eer geveg.

Eerbaarheid draai om integriteit en ordentlikheid; die onderskeid tussen reg en verkeerd.

Maar, dis alles veel meer as net ’n wete; dis ons MORAAL in daad!

Dis hoe ek groot geword het. Helde soos John Wayne, Terrence Hill, Bruce Lee, ... het ’n morele spel gespeel in die beskerming van elkeen se reg om te bestaan, ongeag die koste daarvan aan jou eie status.

Daar was ’n tyd toe ridders regtig maagde beskerm het ... die doel van ons bestaan in ouds  -  om eervol heen te gaan.

Toe ek my beste vrind Wollie vra oor wat hy as die doel van die lewe ag …

Toe antwoord hy my in sy gewone wysheid: Die een wat met die meeste speelgoed op die werf sterf – dié WEN!

Soveel vir moraal (Wollie is ’n toegewyde ouderling in die regte lewe wat in vele opsigte verseker weet waaroor die lewe gaan).

Hindoe, Moslem, Joodse, Katolieke, en Boeddhistiese groete,

Cornelius Henn



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za



VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Toast Coetzer
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur