Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Hoe het jy jou hart op boeke verloor?
Martie Preller
2011-04-13 Druk dit/Print it

Hoe het jy jou hart op boeke verloor?

Ek het my hart op boeke verloor toe ek kon lees – sommer dadelik! Ek het eers in Graad 1 leer lees en toe ons gesin in die helfte van daardie jaar vir ’n jaar oorsee vertrek het, was ek klaar gevang deur die boeke. My ouers het vir my boeke saamgeneem – maar dié boeke is sommer op die skip al klaar gelees. Toe het hulle vir my Engelse boeke gekoop, want dit was al wat daar was – en daar gaan ek toe sommer aan met die Engels. Ek onthou ek het gevra wat party woorde beteken, maar gou agtergekom ’n mens kan die betekenis van die sin aflei, al ken jy nie al die woorde nie. Mettertyd het jy hulle natuurlik sommer vanself geleer, sonder dat jy eers probeer. Ons het vir nege maande in Holland gebly, waar my pa navorsing gedoen het, en toe is ek in die Hollands in. Hulle het my en my broer, wat vyf jaar ouer as ek is, ingeteken op Hollandse kindertydskrifte en ek het naderhand alles gelees – syne ook! Ja, ’n volslae leesverslaafde is ek. En ek probeer om die wonder wat ek van ander se boeke ontvang het, op ’n manier terug te gee deur self ook stories tot die storieskat te voeg. 

Wat is jou gunsteling-reël uit ’n boek

Baie woorde uit baie boeke het vasgesteek – byvoorbeeld die begin van A Tale of Two Cities: “It was the best of times. It was the worst of times.” Dis so eenvoudig en so veelseggend, maar ek lees gewoonlik vir die ervaring van die storie en is nie soseer ingestel op indivudele sinne nie. 

 



<<   Terug na indeksblad | Back to index <<
 









Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


Click Here to win a car!


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SêNet

Read more about Martie Kruger
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur