Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Vrystaat-skrywer se werk landwyd gehoor

2011-07-28 Druk dit/Print it

Untitled Document
Coming Home

Kaapstad, Johannesburg, Durban
5–6, 13–14, 19–20 Augustus


 Johann P. Boshoff, multigenreskrywer van Bloemfontein, se werk word in Augustus landwyd in Coming Home, die Suid-Afrikaans gebore Duitse komponis, Isak Roux, se veeltalige jazz-gospel-kantate, gehoor.

Coming Home is in 2008 as opdragwerk deur MIAGI (Music Is A Great Investment) die eerste maal aangebied en wel in Johannesburg.  Roux se opdrag was vir die musiek (komposisie en verwerking) en Boshoff s’n vir oorspronklike teks en vertalings om die gebruikte musiekstukke in ’n narratief saam te bind. Vertalings in Zulu en Sesotho, onderskeidelik deur mes. Brenda Nomadlozi Bokaba en Ntheoseng Maroba, word dus ingespan.

In Desember 2010 is Coming Home in sy eerste aanpassing ná 2008 in Roodepoort aangebied.

Vanjaar word dié jazz-gospel-kantate ses maal deur Momentum aangebied.  Dit vind plaas op 5 en 6 Augustus in Kaapstad, 13 en 14 Augustus in Johannesburg en 19 en 20 Augustus in Durban. Kutlwano Masote dirigeer die orkes en groot koor vir die derde maal, terwyl Roux ook weer self agter die klavier inskuif. Die res is akteur Sello Maake Ka-Ncube (verteller), Sibongile Khumalo (sopraan), James Bhemgee (tenoor) en Tim Moloi (bariton).

Onder meer die volgende Boshoff-teks word deur die verteller aangebied (Afrikaans, Engels en Sesotho):

Lied van die weggevoerdes

Te ver van huis en tuis wees,
aan my lewe se some sit ek
en rafel uit, ja, rafel uit
tot toiings, fraiings van bestaan.

What has put into exile my heart, my head, my body, my powers?
What has thus enchanted me
that now in ashes and rags I sit?

Hobaneng ha leleme la ka le rarahane?
Ho etsahetseng ka pina ya ka?
Hobaneng ha ho kgutsitse?
Ke eng e timeditseng pina ya ka?
Hobaneng ho le lerotho mahlong a ka?
Ke foufaditswe ke eng?
Hobaneng ha letlalo la ka le sa utlwe letho?
Ke thethefaditswe ke eng?
Hobaneng jwale ke nkgellwa ke dibodu
Monko o monate o ile kae?

And closer than breath, louder than my heart,
something’s knocking in me, knocking …

Boshoff se grootste eerbewys was toe hy in Februarie 2008 as Skrywer van die Dekade: Afrikaans, vir die bevordering van nasiebou deur veeltaligheid, deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) vereer is. Voorts het hy op 13 Julie vanjaar op die Vryfees-kunstefees in Bloemfontein boekegeskiedenis gemaak deur vier boeke gelyk bekend te stel.



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za

VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Nikki Lordan
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur