Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Proe skaars wyne by Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Showcase

2011-08-02 Druk dit/Print it

Untitled Document

Kaapstad Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase
Kaapse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS)
Donderdag 11 Augustus: 18h00 – 21h00
R150 per persoon wat ’n proeglas insluit

Johannesburg Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase
Die Nedbank Atrium, Rivoniaweg 135, Sandton
Donderdag, 1 September: 18h00 – 21h00
R150 per persoon wat ’n proeglas insluit

 
Kom geniet uitsonderlike wyne wat spreek van kreatiwiteit en boonop ’n groot verskeidenheid wynstyle insluit by die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Showcase wat onderskeidelik op Donderdag, 11 Augustus 2011 in Kaapstad en Donderdag, 1 September 2011 in Johannesburg plaasvind. Tydens dié proeë sal lede van die Gilde hul wyne wat by vanjaar se Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling opgeveil word, bekendstel.

Groot opwinding heers oor vanjaar se keurspel van veilingwyne en daar kan verwag word dat selfs skaarser en meer besonderse wyne onder die hammer sal kom aangesien die Gilde se keuringskriteria aangepas is om selfs meer opwindende en ’n groter verskeidenheid van wyne in te sluit by die Veiling. Slegs wyne wat eksklusief deur Suid-Afrika se voorste wynmakers spesiaal vir die Veiling gemaak word, word by hierdie jaarlikse veiling aangebied wat oop is vir die publiek, wynversamelaars en die drank- en restaurantbedryf.

Bernhard Veller, Richard Lear en Tarryn Lear

Die Showcase in Kaapstad en Johannesburg bied wynliefhebbers die geleentheid om hierdie skaars en innoverende veilingwyne op die proef te stel tesame met ander toonaangewende keldertrotse van die Gilde lede tydens ’n informele proe wat deur die wynmakers self aangebied word.

Jy sal ook die geleentheid hê om te kan bie op besonderse wyne van vorige Gilde Veilings wat deur die wynmakers self onderteken is tydens ’n Stille Veiling ten bate van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust. Dié trust wat in 1999 gestig is, help met die opleiding, skoling en bemagtiging van jongmense in die gemeenskappe in die wynbedryf en sluit die Gilde se Protégé program in, ’n mentorskapskema vir jong opkomende wynmakers.

Die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling word op Saterdag, 1 Oktober 2011 vanaf 09h00 by die Spier Konferensiesentrum in die Stellenbosch wynlande aangebied en is oop vir die publiek. Om jou kaartjies vir die Veiling Showcase te koop of om uit te vind hoe jy die Veiling self kan bywoon om hierdie skaars en eksklusiewe wyne te bekom, besoek www.capewinemakersguild.com, epos info@capewinemakersguild.com of skakel Tel: +27 +21 852 0408.





Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za
Subscribe Online to Wine Magazine



VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Joseph McGlynn
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur