Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
''Tydlose liefde''-kompetisie: Amasone, 1951
Lelani Fourie
2011-09-15 Druk dit/Print it

Die bloed loop in ’n dun straaltjie vanuit Rita se mondhoek. Sy ignoreer die sny in haar lip en glimlag breed. Johan maak sy arms wyd oop en sy stap in sy omhelsing in. Hy haar styf vas, so asof hy haar nooit weer sal laat gaan nie.

Hulle kyk nie eers op toe die Kryger-koningin en haar gevolg net so stilletjies verdwyn as wat hulle hier aangekom het nie. Die immergroen bome van die reënwoud gooi donker skaduwees oor hulle. Prikkels hardloop deur Johan se bene van die uur wat hy soos ’n skaap aan die paal gehang het, vas oortuig dat dat hy die res van sy lewe gaan slyt in slawerny onder die imposante Amasone-vroue.

Johan sidder en kyk dan af na Rita. Kleine, fyne, vurige Rita. Wat met ’n Amasone-kryger baklei het net vir hom.

Rita voel sy oë op haar kop brand, wat perfek onder sy ken inpas. Sy kyk op en hy sien die trane wat nog in die hoeke van haar oë lê.

“Wat het jy daar vir die tolk gesê?”

Rita se glimlag verbreed en die sny bars weer  oop. “Ek het gesê: ‘Daardie man is myne!’”

 



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za

Click Here to win a car!



VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SĂȘNet

Read more about Elana Esterhuyse
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur