| |
 |
| ‘‘Die ouer ek’’ deur Pierre Smith |
Pierre Smith
Die ouer ek
My spieëlbeeld voel soms kleiner As die skadu wat my volg Laat gaan ek die verlede of Laat ek die toekoms my vervolg? My rigting is als duister maar dis lig wat ek wil vind sal ek die pad bly byster raak of sal ek dit ooit oorwin? Die ouer ek lyk anders As die beste ek vandag ’n gebroke hart probeer heel raak Soos die ouer ek verwag Die ouer ek lyk sterker As die slegste ek vandag Gaan ek ooit myself kan wees Of soos die ouer ek eendag? Kom vat my hand en lei my Die tyd voel net te kort Neem my hart en wys my wie ek eerder sal wil word
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|
|
|