| ''Erdeskerwe Israeliet'' deur William de Bruin |
William de Bruin
Erdeskerwe Israeliet
Vers 1: Erdeskerwe Israeliet Slawekinders Blokgraniet
Biesiemandjie Waterriet Slawekindjie Israeliet
Stormwater Pyl Boog Skiet Balsem Linne Piramied
Erdeskerwe Israeliet Bokmelk Heuning Kanaäniet
Vers 2: Bonaparte Kommandant Legioene Ysterhand
Bajonette Vure Brand Sterf Soldaat Bebloede Hand
Perderuiter Imposant Waterloo Finale Stand
Bonaparte Kommandant Laaste Asem Vreemde Land
Vers 3: Adolf Hitler Derde Ryk Jodelose Koninkryk
Martelkamer Magsgebruik Der Miljoene Mens Beswyk
Wêreldmagte Saak Bekyk Sameswering Satan Wyk
Adolf Hitler Derde Ryk Sinneloos Vermiste Lyk
Vers 4: Mosaïek Suid-Afrika Multi-Rasse-Kroon Wil Dra
Jeug Apartheid Wangedra Wit Polisie Ra-Ta-Ta
Boeremoorde Ossewa Afrikaner Lot Bekla
Mosaïek Suid-Afrika Bloedvergieting Staak Gevra
William de Bruin word op 23 Junie 1982 in Welkom in die Vrystaat gebore. Sedert ’n baie vroeë ouderdom toon hy reeds ’n intense belangstelling in musiek. Op sewejarige ouderdom lewer hy sy eerste openbare optrede by die Ernest Oppenheimer-skouburg in Welkom. In 1993 wen hy OFM se sangtalent-kompetisie en neem sy eerste album kort daarna deur Select Musiek op. Vir die volgende paar jaar toer hy deur die hele Suid-Afrika en verskyn op verskeie TV-programme, soos Musiekforum en Zet. In 2000 matrikuleer hy aan Goudveld Hoërskool en spandeer daarna twee jaar in Engeland en Europa. Met sy terugkeer na Suid-Afrika raak hy in 2006 as omroeper betrokke by OFM in Bloemfontein. In 2007 aanvaar hy ’n omroeperspos by Jacaranda 94.2 in Gauteng. Huidiglik is hy betrokke by ’n reisagentskap, waar hy onlangs die Rapport Model 2011-groep na Mauritius vergesel het. In sy vrye tyd komponeer hy en skryf hy ook lirieke en gedigte. Hy woon in Centurion, Gauteng.
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|