Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
DW Fokkema (1931–2011)
Ena Jansen
2011-10-13 Druk dit/Print it

Untitled Document

Op 23 Augustus 2011 is Douwe Fokkema oorlede. Hy was emeritus hoogleraar Vergelijkende Literatuurwetenschap aan die Universiteit Utrecht en het 80 jaar oud geword. Van 1971 was Fokkema in Utrecht werksaam, vanaf 1981 as hoogleraar.

Generasies Suid-Afrikaanse letterkundestudente wat in Utrecht gestudeer het in die 1970’s en 1980’s onthou hom as ’n besonderse mentor by wie ons die beginsels van vergelykende literatuurondersoek geleer het. Dit was nog aan die Ramstraat in Utrecht, oorkant die straat van die Neerlandistiekinstituut De Vooys, en binne stapafstand van die huis in die Mauritstraat, waar baie Suid-Afrikaanse studente gewoon het. Die term periodekode wat hy so graag gebruik het met verwysing na byvoorbeeld die ekspressionisme, modernisme en postmodernisme, het daartoe gelei dat hy onteenseglik ’n groot invloed uitgeoefen het op die manier waarop oor die opeenvolging van periodes in die Afrikaanse literatuurgeskiedskrywing nagedink word.

Fokkema het aan die Universiteite van Amsterdam en Kalifornië in Berkeley gestudeer en in 1965 in Leiden gepromoveer op ’n onderwerp uit die Sjinese letterkunde. Danksy sy studie in sinologie en ’n diplomatieke loopbaan in onder meer Beijing was Douwe Fokkema ’n markante persoon in die akademiese omgewing. Sy laaste boek, Perfect Worlds: Utopian Fiction in China and the West (2011), het kort voor sy dood by Amsterdam University Press verskyn.

Vir sy Suid-Afrikaanse oudstudente is dit boeiend om op ’n persoonliker vlak terug te dink aan die treffende kombinasie Fokkema en Ibsch. Want ook Elrud Ibsch was ’n dosent aan die gekombineerde vakgroep Theoretische en Vergelijkende Literatuurwetenschap in die 1970’s en 1980’s en het ook ’n baie groot invloed op ons denke uitgeoefen. Later is sy na die Vrije Universiteit (VU) en is as emirita hoogleraar Algemene Literatuurwetenschap van die VU steeds betrokke by allerlei aktiwiteite van die universiteit. Toe hierdie twee elegante, erudiete mense met mekaar getroud is, is dit deur my en baie ander Ramstraat-studente as ’n ideale kombinasie beskou.

Proffesore Elrud Ibsch en Douwe Fokkema in Januarie 2008 by die
orasie van Marlene van Niekerk in Utrecht
Foto: Ena Jansen

Deur die moeilike jare van die akademiese boikot teen Suid-Afrika heen was hulle steeds lojale mentore en vriende van hulle Suid-Afrikaanse oudstudente. Dat hulle deelgeneem het aan die cortége van my UvA-orasie in 2002 was vir my ’n besondere eer. Die foto wat ek saamstuur, het ek op 15 Januarie 2008 geneem op die trappe van die Aula van die Universiteit van Utrecht toe Marlene van Niekerk as besoekende hoogleraar daar haar orasie gehou het.

Mede-danksy hulle bestuursbetrokkenheid by die International Comparative Literary Association is die groot tweejaarlikse ICLA-kongres in die vroeë jare 2000 in Pretoria gehou. Fokkema was president van die ICLA (1985-1988) en het talle eredoktorsgrade ontvang: in Sjina en Pole. Enkele van sy belangrikste boeke is Theories of Literature in the Twentieth Century (1977, 4de druk 1995, wat hy saam met Elrud Ibsch geskryf het) en Literary History, Modernism and Postmodernism (1984). Sien die volgende webwerwe vir meer besonderhede oor sy loopbaan en talle prestasies:



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za

VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Gerrit Brand
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur