Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
''Quickie''-kompetisie: Troubelofte
Kleinjan
2011-10-14 Druk dit/Print it

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Hy het vir ’n versekeringsfirma in Commissionerstraat gewerk. Sy was ’n sekretaresse by ’n reklamefirma op die hoek van Rissikstraat. Hulle het elke etensuur dieselfde kruising by Markstraat oorgesteek  om middagete by die toebroodjie-kafee te koop.

Hy’t eerste gegroet. Sy het selfbewus teruggegroet. 

Maande het  groet-groet gesprekloos verbygegaan. 

Op ’n dag fluister hy moedig: "Jy  ruik heerlik" toe hy vir sy toebroodjie wag. Sy draai gemaak-vererg om en wys haar vinger vir hom. Hy soen haar hand en vra: "Wanneer wil jy trou?"

Hulle is nie terug kantoor toe nie, maar na haar woonstel in Hillbrow.

Hy is verlede jaar na dieselfde hemel toe waar sy ná 51 gelukkige saamweesjare vir hom gaan wag het.    






Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za




VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Steyn du Toit
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur