| ''Quickie''-kompetisie: Maryke se leermeester |
Sors
Jy sit hier voor my Jou neus is smal Jou hande o so fyn Jou skouers sag Jou voete klein Jou oë so groot – hulle skyn soos die oggendster … Jóú portret met apologie aan Uys Babbelend oor jou gróót dag Betowerend jou tussenspelspel met my Jou lag ’n ontblotende lewenslus Jy gefokus op dié dag Ek vasgenael langs jou Jou deinende ontwaking My groeiende jarigheid
Ek skryf: “Wys my dié rok” Jy bloos en wink my saam Nou staan jy voor my In net maagdelike sy Jy skyn soos die oggendster En ons “Verstrengel soos die lote van ’n wingerdstok” En ek verstaan dié intrige “Maar wat die mooiste is gaan ek verswyg”
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|