Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Somer by die Oude Libertas
Bondina Osterhoff, Naomi Meyer
2011-11-22 Druk dit/Print it

Kapenaars is nog nie seker of die weerkantoor die boodskap gekry het dat die seisoene moet verander nie, maar by die Oude Libertas-teater in Stellenbosch is die somer reeds in volle swang. Naomi Meyer het vir Bondina Osterhoff, teaterbestuurder van die teater, gevra waarna mense in hierdie tyd by dié amfiteater kan gaan kyk.

Vertel ons asseblief van enkele hoogtepunte waarna mense hierdie somer by die Oude Libertas-teater kan uitsien.

Oujaarsaand met ‘n blaasorkes van 55 lede uit België en ‘n dansvloer vir lekker dans tot nanag. Selfs die restaurant gaan oop wees op 31 Desember (besprekings noodsaaklik). Twee Kerssangaande, kooraande, ballet, madrigaalmusiek en die Kaapse Filharmoniese Orkes met Ben Schoeman. Stef Bos, Emo Adams, Valiant Anton Goosen en Ollie, Amanda Strydom. Die komedies Funny Kaap en Proesstraat, asook Elsabe Zietsman met ‘n eenvrou-vertoning (Dis koue kos, skat). Melanie Scholtz se I’m dreaming of a Jazz Christmas en ander jazz-middae.

Wat maak die Oude Libertas-teater as dit reën?

Ons verskuif van venue indien moontlik, anders word teatergangers per sms/oproep (landlyn) verwittig en hulle kan die kaartjies “oorplaas” na ander konserte of hulle geld terugkry. Tydens die vorige seisoen het ons nie een keer verskuif nie. Die weer speel gewoonlik wonderlik saam. Teatergangers word aangemoedig om altyd ‘n warm dingetjie saam te bring.

LitNet gee kaartjies weg vir die show van Karen Zoid en Vusi Mahlasela. Twee sulke groot kunstenaars by dieselfde vertoning: Wat maak mens met die beligting, die klank, die hele aanbieding van die geleentheid om reg aan elke kunstenaar te laat geskied?

By Oude Libertas het ons die voorreg van die son wat sak met die heel mooiste beligting teen die sterrehemel. Geen tegnikus kan dit namaak nie.

LitNet gee vier dubbelkaartjies na die Karen Zoid/Vusi Mahlasela-vertoning op 27 November by die Oude Libertas-teater weg. Stuur jou naam, adres en kontakbesonderhede na wen@litnet.co.za met "Karen Zoid" in die titelblokkie om in aanmerking te kom.

Oude Libertas amphitheatre
Tel: +27 21 809 7473
Tel: +27 21 809 7380
Fax: +27 21 809 7565

Oude Libertas box office
Mon - Fri: 09h00 - 17h00
Sat: 09h00 - 13h00
1 hour prior to performance

Computicket website
 
Tel: 0861 915 8000



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za



VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Johan Reiners
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur