Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Riana Wiechers oor David Kramer
Riana Wiechers
2011-11-23 Druk dit/Print it

Riana Wiechers

My gunsteling van David is ... 

Dis baie moeilik om te kies. “Botteltjie Blou” het elke keer wat ek dit hoor, ’n geweldige uitwerking op my. Ek is ook mal oor “Matchbox Full of Diamonds” – en elke liewe liedjie op die Karoo Kitaar Blues-album. As ek net een David Kramer-gunsteling moet kies, sal dit “Prisoners of War” wees – hoe oorlog oor die eeue en generasies van ons almal gevangenes maak op ’n manier.

My boodskap aan David is ...



David is vir my een van daardie uitsonderlike kunstenaars wat, soos hy die stories met sy liedjies vertel, ook die karakters wórd oor wie hy sing. Ek kan nie aan nog ’n kunstenaar, plaaslik of internasionaal, dink wat dit kan doen soos David nie. Sy deernis vir die mense oor wie hy sing is tasbaar, en hy doen dit met net die regte mengsel van humor en waardering. Hy lyk ook na ’n vreeslike aangename mens, so half egoloos. Hy straal daardie egtheid uit van ’n kunstenaar wat skep om geen ander rede as dat hy móét nie.

 

 



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za



VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Johan van Zyl
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur