Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Dis weer tyd om “te ruk en te riel”!
Menán van Heerden
2011-12-06 Druk dit/Print it

Untitled Document

Die 6de ATKV Rieldans-finaal 2011 het op 3 Desember die Amfiteater (Afrikaanse Taalmonument, Paarl) omskep in ‘n kaleidoskoop van kleur, beweging, musiek en joligheid. Die gehoor is vermaak deur seremoniemeester “Zinzi” van 7de Laan (Caroline Jacobs). Elias Nel, ATKV-projekorganiseerder, het die groepe herinner: “Ons is nie hier om te hanna-hanna poet-poet nie, ons is hier, ons gaan groot, of gaan lood”, en beklemtoon: “Ons is juis hier om die wêreld aan die brand te raas!”

Vader Jonathan Pietersen, wat die verrigtinge geopen het, het beklemtoon: “Hierdie taal van ons is lewendig.”

En volgens Jessie, die afrigter vir Witzenberg: “Die ATKV het vir ons die grondvlak geskep om ons kultuur en ons mense bymekaar te bring.”

Die gaskunstenaar, David Kramer, is met luide toejuiging verwelkom.

Elias Nel het genoem dat hy die rieldans verder wil neem deur Rieltoere bekend te stel, waar die riel “in sy vry vorm gedans word” en waar dit nie binne hierdie platform geforseer is nie. Hy het beklemtoon dat dit “vir jou nuwe wêrelde gaan oopmaak”.

Die stof is met passie losgetrap deur die volgende groepe:

Senior groepe: Witzenberg (2009, 2010 en 2011 se senior kampioene), Askoektrappers (Bitterfontein), Vloed Rieldansers (Laingsburg) en Ratelgat (Vredendal).

Junior groepe: Boesmanland Stofskoppers (Loeriesfontein) (2010 se junior kampioene), Calvinia Sitstappers, Rapystone (Fraserburg), Bêtjies van Bêtjiesfontein (Elizabethfontein) (2011 se junior kampioene) en Laingsburg.


Elias Nel (ATKV-projekorganiseerder) saam met lede van die Bitterfontein Askoektrappers. Van links na regs: Kaylene Devee, Aquila Christians, Elias Nel , Roxzan Gouws, Losita Owies
Die Amfiteater (Afrikaanse Taalmonument, Paarl)
Die Amfiteater (Afrikaanse Taalmonument, Paarl)
Die Amfiteater (Afrikaanse Taalmonument, Paarl) Poster op ’n voertuig in die parkeerterrein
Bêtjies van Bêtjiesfontein (Elizabethfontein) (2011 se junior kampioene) se bus.
Bêtjies van Bêtjiesfontein (Elizabethfontein) (2011 se junior kampioene) se bus
Bêtjies van Bêtjiesfontein (Elizabethfontein) (2011 se junior kampioene) se bus
Seremoniemeester 'Zinzi' (Caroline Jacobs van 7de Laan) en Elias Nel
Gaskunstenaar David Kramer
Vloed Rieldansers (Laingsburg)
Rapystone (Fraserburg)
Boesmanland Stofskoppers (Loeriesfontein)
Bêtjies van Bêtjiesfontein (Elizabethfontein)
Bêtjies van Bêtjiesfontein (Elizabethfontein)
Rapystone (Fraserburg)
Rapystone (Fraserburg)
Witzenberg (2009, 2010 en 2011 se senior kampioene) Askoektrappers (Bitterfontein)
Askoektrappers (Bitterfontein)



Foto's: Menán van Heerden





Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Melanie Grobler
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur