Joan Hambidge
Untitled Document
Meditasie, tussen stede Die geykte uitdrukking Eating one’s heart out doem voor die geestesoog op tussen twee stede: San Francisco en Los Angeles. Heilige Franciscus? Stad van Engele? Die tussenruimte: beleef en onthou, aankoms en vertrek gister en nou werklikheid en aanvoeling (en al die ander opposisies) laat my soek na die potustornnost of die ander wêreld. Miskien hét ek my hart in San Francisco verloor of agtergelaat. In my dagboek genoteer: “’n Worstelbed van slapeloosheid, ’n enkelkussing, time is on your side”. Dis eers by nabaat dat ek wis: hierdie reis was ’n vaarwel aan jou, skimmige geliefde. Nooit behoort aan my, geliefde van die tussenstaat, van jou vorige geringde staat op pad na jou nuwe okkupasie: hartelose liefhebber van die entre nous, ek staan op die Divisadero.
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|