| In Memoriam: John Kannemeyer |
Melt Myburgh
kora-treurlied vir john kannemeyer
o vader, rus jy vandag vir altyd in jou wysheid? lê jy daar met ’n hartseer gesig en sonder glimlag?
asseblief, staan op vir my seun van ’n skoonmoeder
o, is jou rus vandag vir ewig?
van wie weet jy wat na ons kan omsien noudat jy so daar lê? waar sal ek weer iemand van jou gelyke in wysheid raakloop?
ek huil nie oor jou nie – is jou rus van so ’n aard dat ek jou moet betreur?
my susters, laat ons die man uitlos sodat hy kan rus, kom ons kyk wie kan sy wysheid verbysteek
eers môre sal ons ween nou, my susters, moet ek eers gaan
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|