Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
In Memoriam: John Kannemeyer
Melt Myburgh
2011-12-26 Druk dit/Print it

kora-treurlied
vir john kannemeyer

o vader, rus jy vandag vir altyd in jou wysheid?
lê jy daar met ’n hartseer gesig en sonder glimlag?

asseblief, staan op vir my
seun van ’n skoonmoeder

o, is jou rus vandag vir ewig?

van wie weet jy wat na ons kan omsien noudat jy so daar lê?
waar sal ek weer iemand van jou gelyke in wysheid raakloop?

ek huil nie oor jou nie – is jou rus van so ’n aard dat ek jou moet betreur?

my susters, laat ons die man uitlos sodat hy kan rus,
kom ons kyk wie kan sy wysheid verbysteek

eers môre sal ons ween
nou, my susters, moet ek eers gaan 



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Pieter Duvenage
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur