Jacobus Faasen
soos een vannie meerderheid, domnooslik, “Duiwelspiek”-gepeupel, supersubmissief, wend Mens Mens nou tot Self-destruksie, chrono-teleologies, nogal Millennium Drie, verder, verder verwyder van mede-Mens, al hoe nader aan klimaks, van Krisis Een, aan verwydering van Gewete, uit Mens, verbetering, uitbreiding, van struktuur, van geweld, van ultra-gewetenloosheid, onkunde-ontkenningskunde, olie-oorlog, ’s glo “gelowiges” wat so Gewete-loos glo, koelbloedig voorgee dat Naaste onnodig is
Jacobus Faasen
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|