Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Oor fabels en mites
Kobus de Klerk
2012-01-13 Druk dit/Print it

Panda en Angus

Spesiaal vir julle:

fa´bel (-s)
1 Verdigte vertelling met opvoedkundige doel: Die fabels van Esopus. 2 Versinsel, leuen, verdigsel: Dis sommer pure fabels. Dit behoort tot die ryk van die fabels, is ’n versinsel. [fabula] fabel: ~dier, ~kunde, ~kundige, ~land, ~leer, ~literatuur, ~wêreld.
fa•bel•ag´tig b.nw en bw
1 Soos ’n fabel; ongeloofwaardig: Fabelagtige avonture. 2 Ongelooflik, wonderlik, verbasend: Die vuurwerke was fabelagtig mooi. Die fabelagtige bosse by Knysna. 3 Baie groot, hoog en diemeer: Die toringgebou is fabelagtig hoog. Fabelagtig hoë pryse behaal. fabelag´tigheid.” - Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal
Stam van die Latynse term “fabula” wat “verdigsel” beteken, af. In sy Latynse vokatiewe aanwending, “fabulae!” beteken dit “Snert! Nonsens!” Interessant, of hoe? Let op die Afrikaanse gebruik, hoe die klem gelê word op “verdigte”, “Versinsel”, “leuen”, “verdigsel” en “ongeloofwaardig”.

Op sy beste, om by julle twee se interpretasie aan te sluit, sal mens kan sê julle soort fabel is die gebruik van versinsels, verdigsels, leuens en ongeloofwaardigheid om julle punt (lessie) te probeer maak – let byvoorbeeld op die onbewysbare en fabelagtige astronomiese en evolusionêre aansprake wat julle wil bewys daarmee.
Pas ook mooi in by mites –

mi´te (-s)
1 Oorlewering omtrent gode en godsdiens; godeverhaal: Ou Germaanse mites. 2 Fabel; storie sonder grond: Daar is baie mites oor die gebruik van medisyne. Dit is sommer ’n mite dat alle kort mans minderwaardig voel. [muthos]
mi´ties
Volgens die mites; verdig; fabelagtig” - Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal

Mites word gebruik vir religieuse lessies. Cornelius doen dit gereeld.

Dalk het julle nou tóg iets geleer?

Groete,

Kobus de Klerk



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za



VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SêNet

© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur