Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Simonsig slaan dubbele goud los
Johann H Crafford
2008-05-08 Druk dit/Print it

Simonsig, wêreldwyd bekend vir sy bekroonde reeks rooiwyne, het uitgeblink by die 2008 Swiss International Air Lines-wyntoekennings met twee van sy gesogte rooies wat elk ‘n goue medalje ingepalm het.

Met ‘n spoglys van internasionale toekennings wat strek oor ‘n tydperk van 40 jaar van uitmuntende wyngehalte, val die eer hierdie keer op Simonsig se bekende Kaapse rooiwynversnit, Frans Malan 2004, en die veelbekroonde Merindol Syrah 2004, die landgoed se eerste twee rooiwyne wat vanjaar vrygestel is.

Die gehalte van die wyne wat jaarliks vir die Swiss International Air Lines-wyntoekennings ingeskryf word, word gemeet aan streng internasionale standaarde. Hierdie toekennings het ses jaar gelede die lig gesien om Suid-Afrikaanse wyne en wynmakers die nodige blootstelling op plaaslike sowel as internasionale vlak te bied. Robert Joseph, die stigter van die toonaangewende International Wine Challenge in Londen, was vanjaar weer aan die stuur van sake en die beoordelaarspaneel het die vernuf van Peter Koff van die VSA, Ellen Zou van Sjina en Chris Murphey van die Verenigde Koningkryk, sowel as ‘n groep plaaslike wynpersoonlikhede ingesluit.

“Ons is so bly om te sien dat hierdie twee gehalte-rooiwyne die plaaslike en internasionale erkenning kry wat hulle verdien. Oor die jare het hierdie wyntoekennings ‘n groot bydra gelewer tot die verbetering van die gehalte van beoordeling en wynstandaarde in ons land,” sê wynmaker Johan Malan, wat die tweede generasie vir die Malans op Simonsig verteenwoordig.

In 2004 het Simonsig die kroon gedra as Suid-Afrika se beste shiraz-produsent met die Merindol Syrah 2001 wat as algehele wenner van die eerste WINE magazine TOPS at SPAR Shiraz Challenge aangewys is.

Simonsig Frans Malan 2004 het reeds voor sy vrystelling al op internasionale vlak as ‘n Kaapse rooiwynversnit beïndruk toe dit ‘n goue medalje by die 2007 International Wine & Spirit-kompetisie in Londen verower het. Sy voorganger, die veelbekroonde 2003-oesjaar, het ook onlangs oor die waters presteer met ‘n goue medalje by die 2007 MUNDUSvin-wyntoekennings in Duitsland.

Buiten die twee goue medaljes wat Simonsig tydens vanjaar se Swiss International Air Lines-wyntoekennings verower het, het die landgoed ook bronsmedaljes vir die Labyrinth Cabernet Sauvignon 2004, Chenin Avec Chêne 2006 en Sauvignon Blanc/Semillon 2007 gewen, asook ‘n “Seal of Approval” vir sy gewilde Simonsig Brut Rosé 2006.

Foto: Simonsig se wenspan

Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Rashid Begg
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur