Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Nuwe Paspoort bied groot besparings en naweke van pret in die Wynland

2009-05-26 Druk dit/Print it

Ontdek ’n skatkis van die land se spog kelders teen ’n sakpas prys met die nuwe Cellar Door Collection Paspoort wat aan geesdriftiges unieke wyntoere en -proëe bied teen bielie besparings van soveel as 60% per besoek.

Die paspoort bied jou ’n wye kuier-keuse na 14 top gehalte wynkelders wat strek vanaf Stellenbosch, Durbanville, die Paarl, Robertson, Tulbagh tot selfs sover noord as Phalaborwa! Afhangende van jou paspoortkeuse kan jy by hierdie besienswaardige en gewilde wynplase en kelders op jou eie gemak oor ’n tydperk van óf 6-maande óf ’n jaar  gaan aanklop.  Die R50 Paspoort sluit vier verskillende wyn-bestemmings in, terwyl die R100 kaart jou toegang na al die deelnemende kelders verleen.

Die Cellar Door Collection Paspoort dien ook as ’n wonderlike geskenk vir vriende en familie – ’n belofte van opwindende naweke in van Suid-Afrika se voorste wynlandstreke.

Dié wynland-keurspel bied jou ’n uiteenlopende keuse van bestemmings wat wissel van ultra-moderne kelders tot geskiedkundige, 300 jaar oue heemstedes, sodat elke besoek ’n geliefde herinnering sal koester. Paspoorthouers het ook die kans om die eeue-oue tradisie van ’n werkende brandewynkuipery te ervaar. Die Paspoort is geskep met die doel om dit vir besoekers makliker en geriefliker te maak om die wynlande op ’n doeltreffende manier te verken en geniet.

Die alombekende Stellenbosch wynlandstreek alleen, bied aan paspoorthouers agt ongelooflike ervarings. Alto, bekend vir hulle handgemaakde rooiwyn, Uitkyk met sy asemrowende ligging, Neetlingshof met die unieke denneboomlaan wat ’n kilometer ver strek, Stellenzicht bekend vir hul bekroonde wyne en Le Bonheur wat tot vandag toe nog hulle druiwe met die hand pluk, bied ieder ’n unieke besoek wat lank na jou vertek by jou sal by bly.

Stellenbosch spog ook met Die Bergkelder, tuiste van Fleur du Cap; Suid-Afrika se eerste toegewyde vonkelwynkelder, Die Huis van J.C Le Roux; en Van Ryn’s se stokery. Hulle verskaf aan paspoorthouers heerlike wynproeë met interessante, opvoedkundige toere wat jou kennis sal verbreed en jou sal bekoor.

Die wêreldbekende Nederburg in die Paarl vermaak gaste met ’n toer en wynproe van die Winemasters reeks, terwyl Plaisir de Merle naby Franschhoek wynliefhebbers ’n meesterlike proe-ervaring van ses van hulle internasionaal-bekroonde wyne bied.
                                   
Vir sommige besoekers is ’n uitstappie na die wynlande net om die draai met Durbanville Hills wat slegs 20 minute vanaf Kaapstad geleë is. Geniet hier ’n toer en ontdek agt genotvolle wyne vanuit dié gewilde landgoed se Hills en Rhinofields wynversamelings.

Breek dan weg vir ’n naweek en gebruik jou Paspoort om toegang tot die Klipdrift stokery in Robertson te verkry, vir ’n toer en proe van vier brandewynprodukte, met “eish” natuurlik.

In Tulbagh kan die De Oude Drostdy besoek word, met sy neo-klassieke magistraatsgebou wat dateer uit 1806, asook ’n besoek aan die huis van Drostdy-Hof wyne.

Die Cellar Door Collection Paspoort strek tot by die land se noordelikste uithoek, die tuiste van Suid-Afrika se bekende Amarula Cream. Die Amarula Lapa in Phalaborwa is ’n moet vir besoekers aan die wild-ryke omgewing van die Limpopo provinsie, veral as ’n uitstappie na die Kaapse wynlande volgende op die reisagenda is.

Die Cellar Door Collection Paspoort hou ook vele voordele vir die paspoorthouer in, met spesiale aanbiedinge van tyd tot tyd. Maak dus seker jy doen navraag tydens jou besoek. Die Paspoort kan gekoop word by enige van die deelnemende kelders. Toergroepe, hotelle en gastehuise is welkom om ’n aantal Paspoorte vir hulle gaste aan te koop. Vir meer inligting of voorwaardes, besoek www.cellardoorcollection.co.za.

Vir besprekings of meer inligting oor ’n spesifieke kelder/wynlandgoed, skakel:

Alto  - Tel: (021) 881 3884
Amarula Lapa - Tel: (015) 781 7766
De Oude Drostdy - Tel: (023) 230 0203
Durbanville Hills - Tel: (021) 558 1300
Klipdrift - Tel: (023) 626 3027
Le Bonheur - Tel: (021) 875 5478
Neethlingshof - Tel: (021) 883 8988
Nederburg - Tel: (021) 862 3104
Plaisir de Merle - Tel: (021) 874 1072
The House of J.C. Le Roux - Tel: (021) 865 8200 ext 1
The Bergkelder  - Tel: (021) 809 8025
Stellenzicht - Tel: (021) 880 1103
Uitkyk - Tel: (021) 884 4416



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van LitNet-Boeke | Become a Friend of LitNet Books

Read more about Johan Coetser
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur