Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
Kaapse Wyn Akademie bied pasella proeë by Stellenbosch Wynfees aan: 30 Julie – 2 Augustus

2009-07-14 Druk dit/Print it



Die Kaapse Wyn Akademie Proeteater bederf vanjaar feesgangers met prettige wynproeë asook ’n hooggeagte Suid-Afrikaanse Wynkursus by die 8ste Stellenbosch Wynfees wat vanaf 30 Julie – 2 Augustus by die Paul Roos Sentrum plaasvind.

Die proeteater, geskik vir beide ou wingerdblare en groentjies, bied ’n opwindende program van private wynproeë wat feesgangers omtrent sal laat gons. Met  ’n verskeidenheid oulike temas wat strek van Supersexy Shiraz en Bootylicious Bubblies tot Wintertreffers, is die fokus vanjaar op top wyne, port en brandewyn vanuit die Stellenbosch Wynlande. Die proesessies word gelei deur professionele wynkenners en sluit bekende name soos die van Anton Smal (Villiera), Francois Haasbroek (Waterford), en Pieter Badenhorst (Fleur du Cap) in. Dié insiggewende sessies kan pasella deur al die feesgangers geniet word maar wees gewaarsku – die sitplekke is beperk, maak dus seker dat jy vroegtydig kom …

Die Kaapse Wyn Akademie bied tydens die Wynfees ’n eendagse Suid-Afrikaanse Wynkursus aan op Vrydag, 31 Julie. Die kursus dek die geskiedenis van wynmaak in Suid-Afrika asook interessante kennis oor wingerdkunde en wynmaak. Elke voorlegging sluit ’n privaat wynproe in. Die Suid- Afrikaanse Wynkursus kos R950 per persoon en sluit alle leerstof, proeglase, peuselhappies en ’n middagete in, sowel as ’n dag se gratis toegang na die Stellenbosch Wynfees. Voorafbespreking is noodsaaklik. Skakel die Kaapse Wyn Akademie by Tel: (021) 889 8844 of besoek www.capewineacademy.co.za.

Kaartjies na die Stellenbosch Wynfees, met meer as 500 wyne en fynproewerhappies van 170 top uitstallers onder een dak, is beskikbaar by Computicket vanaf R100 per persoon tot R300 vir ’n goue kaartjie wat die hele fees dek.

Vir meer inligting oor die Stellenbosch Wynfees, skakel 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za.

Wen Wen Wen: SMS WINE na 34010 om kaartjies na die Stellenbosch Wynfees en ander top pryse te wen. Koste per sms beloop R2 en terme en voorwaardes geld.

Kaapse Wyn Akademie Proeteater Program

Donderdag | 30 Julie 2009 | Alchemy of Gold | 17:00
Die fynere nuanse van brandewyn, aangebied deur Distell

Vrydag | 31 Julie 2009 | Alchemy of Gold | 17:00
Die fynere nuanse van brandewyn, aangebied deur Distell

Vrydag | 31 Julie 2009 | Chile tot Chablis | 18:00
Wyne wat jy selde sien, aangebied deur L’Avenir Wynlandgoed

Vrydag | 31 Julie 2009 | Pienk Partytjie Wyne | 19:30
Alle pienk wyne aangebied deur Anton Smal van Villiera

Saterdag | 01 Augustus 2009 | Alchemy of Gold | 12:45
Die fynere nuanse van brandewyn, aangebied deur Distell

Saterdag | 01 Augustus 2009 | Sauvignon Blancs met Siel | 13:00
Proe heerlike Sauvignon Blancs saam met Francois Haasbroek van Waterford

Saterdag | 01 Augustus 2009 | Chile to Chablis | 14:00
Skaars wyne aangebied deur L’Avenir Wynlandgoed

Saterdag | 01 Augustus 2009 | Pinotage Plesier | 15:00
Ervaar die plesier  van Pinotage, aangebied deur die Kaapse Wyn Akademie Proeteater.

Saterdag | 01 Augustus 2009 | Winter Treffers | 16:00
Vind uit watter treffers jou deur die winter sal lei.

Sondag | 02 Augustus | Bootylicious Bubblies | 12:30
Elunda Basson van JC Le Roux maak seker dat jy die regte vonkelwyn vir elke geleentheid het.

Sondag | 02 Augustus | Verleidelike Soetgoed | 14:00
Put genot uit verleidelike soetdrankies, aangebied deur Pieter Badenhorst van Fleur du Cap.

Sondag | 02 Augustus | Supersexy Shiraz | 15:00
Geniet supersexy Shiraz aangebied deur Francois Haasbroek van Waterford.

Stellenbosch Wynfees – datums en tye:
Donderdag, 30 Julie | 16:00 – 21:00 (Wynkenner-aand) | R150
Vrydag, 31 Julie | 16:00 – 21:00 | R100
Saterdag, 1 Augustus | 11:00 – 17:00 | R120
Sondag, 2 Augustus | 11:00 – 16:00 (Familiedag) | R100
Goue toegangspermit R300 (Geldig vir al 4 dae)  R300

Plek: Paul Roos Sentrum op die hoek van Piet Retief en Suidwalstraat in Stellenbosch.



Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SĂȘNet

Read more about Rudie van Rensburg
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur