| Kom proe besonderse, skaars wyne by 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase |
KIKS, Donderdag, 20 Augustus 2009, 18h00 Proe uitmuntende wyne, ontmoet van Suid-Afrika se top wynmakers en maak ‘n aanbod op eksklusiewe versamelaarswyne tydens ‘n Stille Veiling by die 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Showcase wat plaasvind op Donderdag, 20 Augustus by die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS). Die bekende jazz-groep Breakfast Included sal jou hart se snare tokkel terwyl jy die 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde wyne, so wel as keldertrotswyne van lede van die Gilde proe. Maak dan ‘n aanbod tydens die Stille Veiling op skaars, eksklusiewe wyne van vorige Gilde Veilings, geteken deur die wynmaker self. Hierdie besonderse wyne wat anders onbekombaar is, sluit ‘n Boekenhoutskloof CWG Syrah 2005 en ‘n Overgaauw CWG Cape Vintage Reserve 1998 in, wyne wat slegs in ‘n private wynversameling te vinde is. Daar sal ook heerlike oesters, soesji en wraps te koop wees by die Showcase om te verseker dat wynentusiaste die aand behoorlik kan geniet. Die wyne wat alleenlik verkry kan word tydens die Gilde se Veiling in Oktober, word puntenerig gekies deur die lede van die Gilde tydens ‘n blinde proe en slegs wyne wat tegniese uitnemendheid en uitstekende verouderingspotensiaal vertoon, word gekeur. Hierdie deurdagte proses verseker dat elke wyn wat met die Kaapse Wynmakersgilde etiket pronk, waarlik ‘n wyn van uitmuntende kwaliteit is. Die Stille Veiling vind plaas ten bate van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust. Die Trust wat gestig is in 1999, help met die opleiding en bemagtiging van jongmense afkomstig van voorheen benadeelde gemeenskappe in die wynbedryf en sluit die Gilde se Protégé-program in wat jong, toekomstige wynmakers ondersteun. Die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling vind plaas op Saterdag, 3 Oktober om 09h00 by die Spier Konferensiesentrum in die Stellenbosch Wynland. Die Veiling is oop aan die publiek en voornemende kopers wat nie die veiling op die dag kan bywoon nie, kan vooruit by die Gilde registreer en gebruik maak van hulle telefoniese en gevolmagtigde biefasiliteite. Die Kaapse Showcase begin om 18h00 – 21h00 op Donderdag, 20 Augustus by die KIKS. Die Johannesburg Showcase sal plaasvind op Donderdag, 27 Augustus by Die Atrium in Sandton. Kaartjies beloop teen R100 per persoon en sluit ‘n proeglas in. Vir bespreekings en meer inligting, skakel 021 852 0408, stuur ‘n e-pos aan bookings@capewinemakersguild.com of besoek www.capewinemakersguild.com. Kaartjies sal ook beskikbaar wees by die deur. 2009 Stille Veiling Wyne: Wynkelder | Wynmaker | Wyn | Ataraxia | Kevin Grant | Ataraxia Serenity 2006 | Beyerskloof | Beyers Truter | Beyerskloof CWG Cape Blend 2006 | Boekenhoutskloof | Marc Kent | CWG Syrah 2005 | Boplaas | Carel Nel | CWG Boplaas Port 2003 | Boschkloof | Jacques Borman | Syrah 2005 | Bouchard Finlayson | Peter Finlayson | CWG 2005 | Cape Point Vineyards | Duncan Savage | Semillon 2007 | Cederberg Cellar | David Niewoudt | CWG Shiraz 2005 | Chris Keet Wines | Christopher Keet | Cordoba Crescendo 1998 | De Grendel | Charles Hopkins | CWG Koetshuis Semillon 2007 | De Trafford | David Trafford | Perspective 2004 | Edgebaston | David Finlayson | Shiraz 2005 | Ernie Els Wines | Louis Strydom | CWG Engelbrecht Els 2006 | Flagstone | Bruce Jack | CWG Love Handles 2004 | Graham Beck | Pieter Ferreira | CWG Shiraz/Viognier 2002 | Grangehurst | Jeremy Walker | CWG Cabernet Sauvignon 1999 | Hartenberg | Carl Schultz | CWG Gravel Hill Shiraz 2000 | Hidden Valley | Louis Nel | CWG Lands End Sauvignon Blanc 2008 | Jordan Winery | Gary Jordan | CWG Chardonnay 2007 | Kaapzicht | Danie Steytler | CWG Cape Blend 2006 | Kanonkop | Abrie Beeslaar | Pinotage 2006 | Le Riche Wines | Etienne Le Riche | Cabernet Sauvignon 2004 | Luddite | Niels Verburg | CWG Dos Años Shiraz 2004 | Neil Ellis Wines | Niels Ellis | CWG Auction Reserve 2005 | Nitida | Bernhard Veller | CWG Decorous Sauvignon Blanc 2008 | Overgaauw | Braam Van Velden | CWG Cape Vintage Reserve 1998 | Saronsberg | Dewaldt Heyns | CWG Shiraz Viognier 2006 | Simonsig | Johan Malan | CWG Shiraz 2003 | Steenberg | John Loubser | Catharina 2006 | Teddy Hall Wines | Teddy Hall | CWG Chenin Blanc 2007 | The Company of Wine P. | Nicky Versfeld | Kumkani Shiraz Viognier 2006 | Villiera | Jeff Grier | CWG Terre Rouge 2005 | Vriesenhof Vineyards | Jan Coetzee | Kallista 2003 | Waterford Wines | Kevin Arnold | CWG Auction Reserve |
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|