| SkryfNet XXV: Androïed – ’n selfportret (tweede weergawe) |
Lee Beeslaar
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van Lee Beeslaar se gedig:
Androïed – ’n selfportret
“Your system has encountered a serious problem and needs to shut down …”
Die spieël kaats brokkies menswees terug; Elektriesblou die skerwe van die oë wat desperaat soek na beheer voordat ek vlug – Weg van ’n kind se onvermoë. Wis uit die frons en glimlag Want menswees en emosie is verdag.
Oefen tot dit maklik word. Elk’ spier moet glad en goed beheersd vertoon. Die kortsluiting in die moederbord vereis dat ek myself verloën. Pantser met teenvirus en brandmuur die lus, die vuur.
Behou die kragbron deur te funksioneer; Rudimente van organiese ontroering onverbiddelik weer en weer na die herwinningsblik te bring. Niemens tussen mense staan verstom oor grense wat verdom.
Onmenslik vreemd verstrengel in geslote kringbane van dwang lê die hart kwesbaar en bengel tot die tyd my eindelik vang. Onttrek die koppelvlak met wilsbesluit; toevoer knak brand uit.
<< Terug na SkryfNet XXV <<
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|