| SkryfNet XXV: Aflos oor tydsones (tweede weergawe) |
René Lötter
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXV - Poësie Tweede weergawe van René Lötter se gedig:
Aflos oor tydsones
Wanneer die son aan hierdie kant van die aarde opkom en die voëls by die water kom drink hou my droom op soos joune anderkant begin. Soos jy aankom waar ek nou net vertrek het wanneer die slaapnewels uit my brein begin verdamp en die sluiers om joune begin vou satellietfoto’s van ’n orkaan ’n draaiende massa wolke en wind wonder ek of jy my sou kan voel as ek afbuk en ’n snawel saggies in die maalkolk druk – die donker poel van jou onderbewussyn. Miskien roer jy tog, mond vol slaap, vee jou hand oor jou wang en dan, soos die kabbels van my indring langsamerhand verdwyn seil jou droom onverstoord voort. Ék, die oog van jou storm.
<< Terug na SkryfNet XXV <<
Reageer: webvoet@litnet.co.za
| Respond: speakeasy@litnet.co.za
|