Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Finansies & Tegniek | Landbouweekblad
Huisgenoot | Idees | Lééf | Tuis | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
LitNet
 
SWB 2010: Wat dink jy?
Jaco Jacobs
2010-06-10 Druk dit/Print it

Kyk, om my mening oor enige sportgebeurtenis te vra is gevaarlik! My gebrek aan rugby- en krieket- en sokkerkennis word so byna-byna oortref deur my gebrek aan belangstelling daarin. So, op ’n afstand kan ek wel die sokkergeesdrif en die derduisende landsvlaggies en al die laduma en ayoba en so aan waardeer. Ek besef dis ’n reuse-eer vir Suid-Afrika om die eerste land in Afrika te wees wat die toernooi kan aanbied; en ook ’n reuse-verantwoordelikheid, want as ons ’n voet verkeerd sit, gaan dit swak op Suid-Afrika en die res van Afrika reflekteer. Ek hoop regtig ons maak genoeg geld uit die toernooi om agterna vir al die bouwerk en konserte en reëlings te kan betaal. Waarvoor ek regtig groot waardering het, is dat die meeste van die 2010-herstelwerk aan die paaie hier in en om Bloemfontein nou uiteindelik klaar is. (Minder slaggate en minder padwerke – dís nou ayoba!) Ek bly egter veels te naby aan ’n 2010-stadion na my sin, en die afgelope Saterdagoggend douvoordag reeds het ek die eerste onheilspellende vuvuzela-gebulk gehoor. Ek is bly jy het my nie drie-uur Saterdagoggend gevra wat ek van die komende Wêreldbeker dink nie.






Reageer: webvoet@litnet.co.za | Respond: speakeasy@litnet.co.za


VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Dwelmbase voer heerskappy
Die gemors by UJ ens

Word 'n Vriend van SĂȘNet

Read more about Estelle Taylor
© 2006 LitNet. Alle regte voorbehou. Terme & Voorwaardes | Terms of Use | Kontak ons
Ontwikkel en aangevuur deur Good works everywhere Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik
Webblad ontwerp deur